Die Weg, Die Waarheid en Die LeweSample
Dag 34 – Jesus se laaste woorde aan die kruis deel 2
In die vorige oordenking het ons na die eerste twee kruiswoorde van Jesus se sewe finale kruiswoorde in sy laaste ure aan die kruis gekyk. In hierdie oordenking fokus ons op die volgende 3 kruiswoorde.
3) Jesus praat met Maria en Johannes – “Toe Jesus sy moeder sien en die dissipel vir wie Hy baie lief was, wat by haar staan, sê Hy vir haar: 'Daar is u seun.' Daarna sê Hy vir die dissipel: 'Daar is jou moeder.' Van daardie oomblik af het die dissipel haar in sy huis geneem” (Johannes 19:26-27). Daar was op hierdie stadium geen sprake meer van Josef in die evangelies nie. Daar moet vermoed word dat hy op hierdie stadium al gesterf het.
Jesus het van die kruis afgekyk terwyl Hy Homself in ʼn baie ernstige lewensgevaarlike situasie bevind het, maar was steeds gevul met die bekommernis oor die behoeftes van sy moeder. Dit blyk asof nie een van sy broers daar was om vir haar te sorg nie, daarom het Hy hierdie taak aan die apostel Johannes oorgegee. Hier sien ons duidelik Christus se menslikheid maar ook sy regverdigheid want die wet het vereis dat die eersgebore seun na die ouers moet omsien.
Regdeur Jesus se lewe het Hy die wet gehoorsaam en dit was baie duidelik dat Hy gekom het om dit te vervul. Deur te kyk na wat Jesus aan die kruis gesê het, kan ons sien dat Hy gehoorsaam gebly het aan die Vader tot op die punt van die dood.
4) Jesus roep uit na die Vader- “Teen drie-uur het Jesus hard uitgeroep: “Eli, Eli, lemá sabagtani?” Dit is: My God, my God, waarom het U My verlaat?” (Matteus 27:46). Vir baie is dit die mees skokkende Skrif in die Bybel. Ons sien hoe Jesus deur baie dinge ly.
Hy word geslaan, gemartel, 'n doringkroon is op sy hoof gesit en dan het spykers sy hande en voete ook deurboor. Maar tog was Jesus se grootste marteling die duisternis wat op Hom toegesak het, toe die aangesig van die Vader weggedraai het van Jesus, wat die sonde geword het sodat ons geregtigheid kon verkry in Hom (2 Korintiërs 5:21). In hierdie donkerste ure van sy lyding het Jesus die openingswoorde van Psalm 22 uitgeroep.
En hoewel daar baie gesuggereer is oor die betekenis van hierdie skrifte, was dit baie duidelik dat Jesus verskriklike pyn ervaar het weens die duisternis omdat Hy die volle gewig van die mens se sonde gedra het.
5) Jesus verklaar dat Hy dors is – “Hierna het Jesus, met die wete dat alles klaar volbring is en sodat die Skrif vervul kan word, gesê: “Ek is dors” (Johannes 19:28). Jesus het die asyn gemeng met mirre, geweier wat sy lyding kon verlig (Markus 15:23).
Maar hier, 'n paar uur later, sien ons hoe Jesus die Messiaanse profesie in Psalm 69:22 vervul: “En hulle het aan my gal gegee as my spys, en vir my dors het hulle my asyn laat drink.” Hierdie drie nederige, kragtige, woorde is 'n sterk herinnering dat dit wat ons Here verduur het, werklik was. Hy het nie net die sondes van die wêreld gedra nie (iets wat net God kon doen), maar ook ongelooflike pyn en ongemak beleef. Jesus word nie gespaar in sy sending om die wêreld te red en die ewige lewe in te lei nie.
Dit is nog 'n uitdrukking van die dieptes van God se liefde vir ons almal.
Scripture
About this Plan
Hierdie leesplan is ʼn veertig dae reis in die lig van Jesus se woorde :"Ek is die weg, en die waarheid en die lewe" (Joh.14:6). Net na Jesus se hemelvaart was mense bekend as "mense van die weg"; hierdie het gedui op Jesus wat die weg was na God, en, tweedens, die leefwyse wat hulle gevolg het. Hierdie leesplan volg Jesus se lewe sodat ons soos Hy kan leef.
More