Die Weg, Die Waarheid en Die LeweSample
Dag 39 – Jesus en die Emmaus gangers
Jesus het nie net gewillig gesterf om ons sonde aan die kruis weg te neem nie, maar Hy is ook opgewek om vir ons ‘n nuwe en oorvloedige lewe te gee. Wanneer jy jou vertroue in Jesus as jou Verlosser plaas, word jou sondes vergewe en word jy 'n nuwe skepping. Jy is nie meer 'n slaaf van die sonde nie. Jesus stuur God se Heilige Gees om in jou te woon, om jou te lei en geestelike vrugte voort te bring. En jy het ʼn ewige bestemming om by God te woon.
Van die begin af was dit God Drie-enig se plan om die mensdom na Homself terug te bring (Genesis 3:15). Regdeur die geskiedenis het God beloftes aan sy volk gemaak oor die spesiale Een wat sou kom om die Verlosser van die wêreld te wees. Hierdie beloftes word profesieë genoem. Nadat Jesus op die derde dag opgewek is, het Hy aan Maria Magdalena verskyn. Hy het vir haar gesê om vir sy dissipels te gaan sê dat hulle Hom binnekort sal sien.
Op die derde dag ná Jesus se kruisiging het twee van Jesus se volgelinge na 'n dorpie met die naam Emmaus, ongeveer sewe kilometer van Jerusalem af, gegaan. Hulle was nie deel van die twaalf dissipels nie, maar goeie vriende van hulle en ook volgelinge van Jesus gewees. Hulle het met mekaar gesels oor alles wat gebeur het. Terwyl hulle oor hierdie dinge gepraat het, het Jesus by hulle aangesluit en saam met hulle geloop. Jesus vra vir hulle: “Oor watter sake loop julle só ernstig en redeneer?” (Lukas 24:17, NLV). Hulle het stilgestaan, en hulle gesigte was hartseer. Ons is nie seker hoe God die manne daarvan weerhou het om Jesus te herken nie, maar hulle het gedink Hy moet 'n vreemdeling wees wat pas in die dorp aangekom het. Hulle was so verbaas dat Hy nie geweet het wat gebeur het nie.
Almal in Jerusalem het geweet van Jesus wat gekruisig is. Dit was 'n groot gebeurtenis. Kleopas, een van die Emmaus gangers het toe vir Jesus gesê, “U is seker die enigste buitelander in Jerusalem wat nie kennis dra van al die dinge wat gedurende hierdie dae in die stad gebeur het nie” (Lukas 24:18, NLV). Hulle was baie hartseer oor wat met Jesus gebeur het. Hulle is verpletter dat die Een wat hulle gevolg het, doodgemaak is.
Al het Maria en die ander dissipels vir hulle gesê dat Jesus se liggaam nie in die graf was nie, het hulle nie besef of verstaan dat Hy opgestaan het nie. Die twee mans moes waarskynlik geglo het dat sy liggaam gesteel is. Jesus herinner Kleopas en sy vriend daaraan dat die profete al hierdie dinge voorspel het. Hy het vir hulle gesê dat die Christus, of Messias, moet ly en dan weer opgewek word. God het dit in die profesieë belowe. Toe het Jesus van die begin af begin en verduidelik wat die Ou Testamentiese profesieë oor Hom gesê het. Die manne het egter nog nie besef dat dit eintlik Jesus was wat met hulle gepraat het nie. God het hulle daarvan weerhou om Hom te herken.
Die twee mans het die dorp genader waarheen hulle op pad was. Jesus het opgetree asof Hy verder gaan. Maar hulle het hard probeer om Hom te oortuig om by hulle te bly. Hulle het gesê: “Bly by ons. Dit is amper aand. Die dag is amper verby.” Daarom het Hy ingegaan om by hulle te bly. Hy het by hulle aan tafel aangesluit. Terwyl hulle saam met Hom aan tafel was, het Jesus brood geneem, gedank, dit gebreek en aan hulle gegee.
Toe het hulle oë oopgegaan en hulle het Hom herken. Daarop het Hy voor hulle oë verdwyn. Hulle het dadelik ʼn geestelike ervaring gehad dat dit die Jesus was wat opgestaan het, wat aan hulle verskyn het. Hulle het nie geweet wat die Skrif oor Jesus voorspel het nie. As hulle die Ou Testamentiese beloftes beter geken het, sou hulle verstaan het dat wat aan die kruis gebeur het, en by die leë graf, alles deel was van God se wonderlike plan. Net so is die Woord van God, die Bybel, die beste manier vir ons om Hom te ken (Johannes 15:7).
Wanneer ons die Woord van God ken, ken ons God. Jesus het self die Woord van God gebruik om te verduidelik wie Hy vir die mense was.
Scripture
About this Plan
Hierdie leesplan is ʼn veertig dae reis in die lig van Jesus se woorde :"Ek is die weg, en die waarheid en die lewe" (Joh.14:6). Net na Jesus se hemelvaart was mense bekend as "mense van die weg"; hierdie het gedui op Jesus wat die weg was na God, en, tweedens, die leefwyse wat hulle gevolg het. Hierdie leesplan volg Jesus se lewe sodat ons soos Hy kan leef.
More