YouVersion Logo
Search Icon

Die Weg, Die Waarheid en Die LeweSample

Die Weg, Die Waarheid en Die Lewe

DAY 36 OF 40

Dag 36 – Jesus sterf aan die kruis

Jesus het gesterf aan ʼn kruis in Jerusalem weens ons sondes. Sonde lei tot die dood (Romeine 6:23). Ons was sondaars wat gedoem is om vir ewig te sterwe weens ons onvermoë om sondeloos te lewe. Jesus het in ons wêreld gekom en 'n volmaakte lewe geleef, sodat sonde geen houvas op Hom gehad het nie. Hy het gekies om namens ons te sterf as die volmaakte offer om die straf vir ons sonde op Hom te neem.

Terwyl Hy "vir ons sondes" gesterf het, het Hy as ons plaasvervanger gebid dat ons vergewe sal word. Sy opstanding het bewys dat sy offer voldoende is, dat Hy waarlik die Messias is (ten volle God en volledig mens), ons enigste Verlosser, en dat Hy die sonde en die dood oorwin het. Aangesien Jesus die straf betaal het, sal God almal vergewe wat hulle vertroue in Jesus plaas (2Korintiërs 5:17-21; Efesiërs 2:1-10).

Jesus se dood en opstanding beteken dat diegene wat hulle geloof in Hom gestel het, toegang tot God het. In Johannes 14:6 sê Jesus: "Ek is die weg en die waarheid en die lewe. Niemand kom na die Vader behalwe deur My nie." Sonde het ons van God geskei, maar op die oomblik van Christus se dood is die voorhangsel in die tempel, wat die priesters van die teenwoordigheid van God geskei het, in twee geskeur (Markus 15:38).

Jesus se dood en opstanding beteken dat die offers van die Ou Testamentiese Wet nie meer nodig is nie. In die Ou Testamentiese tyd was verskeie offers deur die Wet vereis as versoening vir sonde. Tog was hierdie offers net tydelik. Met die offer van Jesus is ons voorsien van 'n volmaakte, eenmalige versoening van sonde (Hebreërs 10:10).

Christus se dood en opstanding beteken dat ons vergifnis van sonde gewaarborg word wanneer ons Jesus as Here aanvaar. Galasiërs 3:22 sê: "Die belofte deur geloof in Jesus Christus kan gegee word aan diegene wat glo." Jesus het ons verlossing aan die kruis gekoop deur vir ons sonde te word (2 Korintiërs 5:21). Dit wil sê, Hy het namens ons die skuldige een geword. Redding is deur God se genade deur geloof (Efesiërs 2:8-9).

Dit word moontlik gemaak deur die kruis van Christus: "Christus het ook eens en vir altyd vir die sondes gesterwe, die regverdiges vir die onregverdiges, sodat Hy ons voor God kan bring" (1Petrus 3:18). Die boodskap van Jesus wat vir ons sondes en oortredings gesterf het moet die las van skuld van jou skouers af lig.

God nooi jou uit met die skrif en versekering: “As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van alles wat verkeerd is” (1Joh.1:9, NLV).

Day 35Day 37

About this Plan

Die Weg, Die Waarheid en Die Lewe

Hierdie leesplan is ʼn veertig dae reis in die lig van Jesus se woorde :"Ek is die weg, en die waarheid en die lewe" (Joh.14:6). Net na Jesus se hemelvaart was mense bekend as "mense van die weg"; hierdie het gedui op Jesus wat die weg was na God, en, tweedens, die leefwyse wat hulle gevolg het. Hierdie leesplan volg Jesus se lewe sodat ons soos Hy kan leef.

More