Die Weg, Die Waarheid en Die LeweSample
Dag 38 – Jesus se bediening na sy opstanding
Mense is geneig om te dink dat Jesus se bediening eenvoudig tot stilstand gekom het nadat Hy uit die dood opgewek is. Daar gebeur egter baie na Jesus se opstanding. Trouens, byna die helfte van die Nuwe Testament vind plaas nadat Jesus reeds gekruisig is en uit die dood opgewek is.
Die boeke is gevul met die weergawes van wat die dissipels gedoen het nadat Christus opgestaan het. Hy vaar nie reguit op hemel toe nie, trouens, Handelinge 1:3 vertel ons dat daar na die opstanding 'n tydperk van 40 dae was waarin Jesus aan sy dissipels verskyn het.
As Hy hier was, wat het Hy gedoen? Die Skrif beantwoord natuurlik daardie vraag. Jesus het die graf verlaat nadat die doek wat op sy kop was netjies opgerol was, wat ʼn diep geestelike betekenis gehad het (Johannes 20:7). Volgens die tradisie van daardie tyd sou ʼn dienaar nadat hy of sy die etenstafel gedek het, buite sig wag totdat die gesin klaar geëet het.
As hulle klaar was, sou hulle opstaan, die servet oop los en dit op die tafel gooi. Dit beteken dat die dienaar kan skoonmaak, want die ete is verby. As hulle egter van die tafel af opstaan, en die servet vou en dit langs hul bord neerlê, was die boodskap: "Ek is nog nie klaar nie." Die gevoude doek het gedien om te fluister vir diegene wat geluister het, "Ek kom terug!" Jesus het opgestaan uit die dood en daardeur nie net gesterf vir die sonde van die mensdom nie, maar het die mag van die dood verbreek, en eendag sal Hy finaal met ongeregtigheid deel.
Jesus het ook aan verskeie mense verskyn waaronder die Emmaus gangers en die apostels was en Paulus stel dit dat Jesus aan meer as 512 mense verskyn het (1Korintiërs 15:5-6). Een rede vir Jesus se bediening van 40 dae na sy opstanding tot by sy hemelvaart was om aan sy volgelinge te demonstreer dat Hy werklik lewe. Hulle het immers geweet dat die Romeinse owerhede Jesus doodgemaak het, en dat sy liggaam van die kruis afgehaal en in 'n graf verseël is. En toe dit gebeur, was hulle gevul met wanhoop en vrees; baie het selfs gaan wegkruip.
Hulle het geglo Jesus is die beloofde Messias – en nou is hulle hoop verpletter. Hulle het sy belofte vergeet dat Hy uit die graf sou terugkeer, en hulle het gevoel dat hulle geen toekoms het nie. Maar nadat Jesus aan hulle verskyn het ná die opstanding is hulle lewens verander. Die grootste wonderwerk in die ganse geskiedenis het pas plaasgevind: Jesus Christus het graf, dood en die doderyk vir ewig oorwin en lewe! Gedurende daardie 40 dae het Hy aan verskillende groepe dissipels verskyn en bo alle twyfel aan hulle bewys dat Hy deur die krag van God uit die dood opgewek is.
ʼn Tweede belangrike rede waarom Jesus op aarde gebly het, was om sy dissipels te leer en hulle voor te berei vir die taak om die wêreld van Hom te vertel. Hy het sy volgelinge verlaat met 'n opdrag: “Gaan dan heen en maak dissipels van al die nasies” (Matteus 28:19).
Scripture
About this Plan
Hierdie leesplan is ʼn veertig dae reis in die lig van Jesus se woorde :"Ek is die weg, en die waarheid en die lewe" (Joh.14:6). Net na Jesus se hemelvaart was mense bekend as "mense van die weg"; hierdie het gedui op Jesus wat die weg was na God, en, tweedens, die leefwyse wat hulle gevolg het. Hierdie leesplan volg Jesus se lewe sodat ons soos Hy kan leef.
More