YouVersion Logo
Search Icon

Die Weg, Die Waarheid en Die LeweSample

Die Weg, Die Waarheid en Die Lewe

DAY 29 OF 40

Dag 29 – Jesus se weg is smal en die poort is nou

Jesus noem sy weg “die smal weg: “Natuurlik is dit nie maklik om te doen wat die Bybel vra nie.14Die pad wat na God se nuwe wêreld toe lei, is baie moeilik en ook bitter smal. Min mense loop daarop omdat dit groot opofferings vra. Aan die ander kant is die pad wat na die hel toe lei, maklik om op te loop en baie breed. Baie mense loop daarop. Span julle daarom in om op God se smal pad te bly stap” (Matteus 7:13-14, DB).

Jesus is die weg wat beteken dat slegs in geloof in sy naam is redding moontlik, slegs deur Hom is die lewenswyse van ʼn ware Christen moontlik en Hy is die weg van bestemming na die Vader. Jesus het op aarde geleef om vir ons die weg te wys. Om Hom op hierdie pad te volg, beteken dat ons moet wandel soos Hy gewandel het. Ons moet in sy voetspore volg en leef soos Hy geleef het.

Wanneer ons Hom volg, kom ons waar Hy nou is. Dit is ʼn smal weg wat lei na ʼn nou poort. Paulus beskryf die beginsel baie duidelik in Filippense 3:7-8: “Al dié dinge was eers vir my ook baie belangrik. Maar Christus het my oë laat oopgaan. Dit het glad geen waarde meer vir my nie.

Ek het besef hoe dit ’n mens se aandag kan aftrek van wat regtig belangrik is, en dit is dat ek Christus Jesus as my Here leer ken het. Dit het my laat besef dat al hierdie ander dinge eintlik niks in vergelyking daarmee is nie. Vandat my pad Jesus s’n gekruis het, het die hele manier waarop ek na dinge kyk, verander” (DB).

Dit beteken dat ons alles moet agterlaat wat God aan ons uitwys wat ons sal verhinder om op hierdie weg te wandel. Ons eie redenasies, idees, status, trots en ons geloof in ons eie vermoëns. Dit moet as verlies en rommel gereken word en agter gelaat word. Daar is nie plek vir dit op die smal pad nie.

As ons ons oë kan oopmaak en soos Paulus gesien het wat die waarde is om “Christus te verkry”, dan sal ons sien, dat ten spyte daarvan dat dit nie altyd maklik is nie, die beloning om Jesus in ons lewe te verkry die prys heeltemal oorskry.

Day 28Day 30

About this Plan

Die Weg, Die Waarheid en Die Lewe

Hierdie leesplan is ʼn veertig dae reis in die lig van Jesus se woorde :"Ek is die weg, en die waarheid en die lewe" (Joh.14:6). Net na Jesus se hemelvaart was mense bekend as "mense van die weg"; hierdie het gedui op Jesus wat die weg was na God, en, tweedens, die leefwyse wat hulle gevolg het. Hierdie leesplan volg Jesus se lewe sodat ons soos Hy kan leef.

More