Die Weg, Die Waarheid en Die LeweSample
Dag 28 – Jesus se genesings lei na lewe
Johannes beskrywe in sy evangelie slegs sewe van die wondertekens wat Jesus in sy bediening gedoen het. Dit is natuurlik nie al die wonderwerke van Jesus nie, maar dit is sewe wondertekens wat bedoel was om die lesers te oortuig dat Jesus die Messias, die Seun van God is en die Weg is en dat hulle in Hom moet glo om gered te word.
Wanneer ons die wondertekens van naby beskou sien ons die besonderse betekenis daarvan en wat dit van Jesus verkondig. Jesus se eerste wonderwerk om die water in wyn te verander, openbaar dat Jesus die leë weg van die mens se godsdiens hernu het in 'n lewende en vreugdevolle verhouding (2:1-11). Die genesing van die seun van die koninklike beampte (4:46–54) wys daarop dat redding slegs deur geloof moontlik is, want Jesus het vir hom gesê: “Maar Jesus sê vir hom: “'Gaan maar huis toe, jou seun lewe.' Die man het geglo wat Jesus vir hom gesê het, en gegaan” en die seun is gered van sy siekte toestand (Johannes 4:50).
Die genesing van die verlamde in Betesda (5:1-15) wys daarop dat werke nie genoeg is nie, maar dat die mens dade by hulle geloof moet voeg waardeur genesing moontlik is. In die volgende wonderwerk waar Jesus die menigtes voed (6:5-14) demonstreer Hy sy bonatuurlike sorg en voorsiening vir diegene wat Hom soek. In een van Jesus se besondere wonderwerke waar Hy op die water loop wys Jesus dat mense as gevolg van sy bonatuurlike krag dinge deur Hom kan bereik wat op hulle eie onmoontlik sou wees (6:16-24).
Wanneer Jesus die man genees wat van geboorte af blind was (9:1-7) wys Hy dat elke persoon wat geestelik blind is, kan Hy laat glo en sien. In Jesus se laaste wonderwerk wat Johannes lys, naamlik Lasarus se opwekking uit die dood, gee Hy 'n belofte dat almal wat in Hom glo, sal lewe al sterf hulle, en dié wat lewe en glo, sal nooit sterwe nie (11:1-46). Teen die einde van sy evangelie het Johannes gesê: “Jesus het nog baie ander wondertekens, wat nie in hierdie boek beskrywe is nie, voor sy dissipels gedoen. Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo dat Jesus die Christus is, die Seun van God, en sodat julle deur te glo, in sy Naam die lewe kan hê” (Johannes 20:30-31).
Wanneer ons dus die wonderwerke lees, glo en verstaan word dit ʼn weg tot ware lewe
About this Plan
Hierdie leesplan is ʼn veertig dae reis in die lig van Jesus se woorde :"Ek is die weg, en die waarheid en die lewe" (Joh.14:6). Net na Jesus se hemelvaart was mense bekend as "mense van die weg"; hierdie het gedui op Jesus wat die weg was na God, en, tweedens, die leefwyse wat hulle gevolg het. Hierdie leesplan volg Jesus se lewe sodat ons soos Hy kan leef.
More