YouVersion Logo
Search Icon

Die Weg, Die Waarheid en Die LeweSample

Die Weg, Die Waarheid en Die Lewe

DAY 27 OF 40

Dag 27 – Jesus se grootste preek

Jesus se preek op ‘n heuwel in Galilea wat deur Matteus neergepen is, word die bergrede genoem en kan in Matteus hoofstukke 5-7 gelees word. Die naam "bergrede" kom van Matteus 5:1-2 af wat verklaar dat Jesus teen die berg opgeklim het en sy dissipels begin leer het. Jesus het hierdie boodskap aan die begin van sy bediening gebring en dit is die langste van Jesus se preke wat in die Nuwe Testament opgeteken is.

Jesus het vroeg in sy bediening reeds 'n groot groep volgelinge gelok — soms 'n paar duisend mense. Hy het ook 'n kleiner groep toegewyde dissipels gehad wat die hele tyd by Hom gebly het en daartoe verbind was om sy onderrig te leer en toe te pas. Daarom het Jesus een dag terwyl Hy naby die See van Galilea op reis was, besluit om met sy dissipels te praat oor wat dit beteken om Hom te volg. Jesus het “... op die berg geklim” (Matteus 5:1). Hy het sy kerndissipels rondom Hom versamel.

Die res van die skare het plekke langs die kant van die heuwel en op gelyktes naby die see gevind om te hoor wat Jesus sy naaste volgelinge leer. Tradisie noem die ligging, 'n groot heuwel langs die See van Galilea waar daar vandag ‘n kerk gebou is wat die Kerk van die Saligsprekinge genoem word. Baie onvergeetlike frases wat ons vandag ken, kom uit hierdie preek, waaronder “geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe”, “sout van die aarde”, “vra en jy sal ontvang”, “wolwe in skaapsklere”, “om die ekstra myl te loop”, “draai die ander wang”, “laat jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie”, ensovoorts.

Jesus het in die bergrede die Fariseërs en hulle godsdiens van werke-geregtigheid 'n verwoestende slag toegedien. Deur die gees van die Wet uiteen te sit en nie net die letter daarvan nie, het Jesus geen twyfel gelaat dat wettisisme van geen nut vir redding is nie en dat dit menslik onmoontlik is om aan die eise van die Wet te voldoen. Jesus het hulle geleer oor onderwerpe soos gebed, geregtigheid, versorging van behoeftiges, egskeiding, vas, die oordeel van ander mense, verlossing en die Onse Vader gebed.

Die bergrede bevat ook die Saligsprekinge (Matteus 5:3-12) wat die karakter van die mense van die koninkryk van die hemel beskryf, uitgedruk as “seëninge” en (Matteus 6:9-13) Hy eindig die preek met 'n oproep tot ware geloof vir redding en 'n waarskuwing dat die weg na daardie verlossing smal is en min mense dit vind. Jesus vergelyk diegene wat sy woorde hoor en dit doen met wyse bouers wat hulle huise op 'n stewige fondament bou; wanneer storms kom, weerstaan hulle die storms.

Alhoewel die bergrede baie verskillende onderwerpe bevat sou ons dit in 'n enkele sin kon opsom: Hoe om 'n lewe te lei wat aan God toegewy en behaaglik is, vry van skynheiligheid, vol liefde en genade, vol wysheid en onderskeiding. Uiteindelik het Jesus dit duidelik gemaak dat sy volgelinge op 'n merkbaar ander manier as ander mense moet leef omdat sy volgelinge aan 'n baie hoër standaard van gedrag moet voldoen – die standaard van liefde en onbaatsugtigheid wat Jesus self sou beliggaam wanneer Hy aan die kruis vir die mensdom se sondes sterf.

In Jesus se grootste en belangrikste preek word dit duidelik dat ʼn kind van God anders leef!

Day 26Day 28

About this Plan

Die Weg, Die Waarheid en Die Lewe

Hierdie leesplan is ʼn veertig dae reis in die lig van Jesus se woorde :"Ek is die weg, en die waarheid en die lewe" (Joh.14:6). Net na Jesus se hemelvaart was mense bekend as "mense van die weg"; hierdie het gedui op Jesus wat die weg was na God, en, tweedens, die leefwyse wat hulle gevolg het. Hierdie leesplan volg Jesus se lewe sodat ons soos Hy kan leef.

More