Die Weg, Die Waarheid en Die LeweSample
Dag 25 – Jesus se bediening in Kapernaüm
Volgens Lukas 3:23 was Jesus omtrent dertig jaar oud toe hy sy bediening begin het. Nadat Jesus Nasaret verlaat het, het Hy hom in Kapernaüm gaan vestig wat in die Bybel daarna genoem word as Jesus se dorp (Matteus 9:1). Die naam Kapernaüm is ʼn Hebreeuse naam wat “dorp van Nahum” beteken. Dit is geleë aan die noordelike oewer van die See van Galilea, in die noorde van Israel. Dit lê ook naby baie ander belangrike Bybelse plekke, soos Tabgha, die Kerk van die Saligsprekinge en die Kerk van die voorrang van Petrus.
Kapernaüm was ʼn sleuteldorp in Galilea omdat dit 'n hoof handel plek was. Jesus het sy twaalf dissipels in hierdie gebied gekies. Vyf van hulle – Petrus, Andreas, Jakobus, Johannes en Matteus – het direk van Kapernaüm gekom en al die ander dissipels het uit die Galilea-omgewing gekom. Die enigste een wat nie uit die Galilea omgewing gekom het nie, was Judas Iskariot (wat Jesus later sou verraai) wat uit ‘n klein dorpie van Judea kom.
Aangesien die dorp aan die See van Galilea geleë is, was dit 'n vissersgemeenskap waar mense sou kom handel dryf of deurreis. Jesus se boodskap was vir alle mense en om in 'n sleutelplek soos Kapernaüm te sentraliseer, het 'n wonderlike geleentheid geskep om sy boodskap van hoop en liefde aan 'n diverse groep mense te deel wat Hy sou teëkom. Die boodskap sal dan deur al die besoekers in hulle eie dorpe verkondig word.
Jesus het Jerusalem verskeie kere besoek en dit is waar Hy uiteindelik gekruisig, begrawe en opgewek is, maar die tyd wat Jesus in Jerusalem deurgebring het, was relatief kort. Kapernaüm is waar Jesus gewoon het toe hy sy sending uitgevoer het. Die meeste hoofstukke in die Nuwe Testament beskryf wat gebeur het toe Hy in Kapernaüm gewoon het – van sy doop tot die laaste week van sy lewe.
Dit was in Kapernaüm wat Jesus op die Sabbat in die sinagoge ingegaan en die mense begin leer het. Hier het Hy sy wonderwerke begin om ʼn man met ʼn onreine gees te verlos en te herstel. Hierdie wonderwerk het die nuus oor die hele Galilea versprei wat mense laat toestroom het na Kapernaüm (Markus 1:21-28). Jesus het verder die hoofman oor honderd se seun genees (Matteus 8:5–13), die koninklike beampte se seun (Johannes 4:46–53), Petrus se skoonmoeder (Markus 1:30–31), en die verlamde man (Matteus 9:1–2). In Kapernaüm het Jesus verder 'n onrein gees uitgedryf (Markus 1:21–25), Jaïrus se dogter lewendig gemaak en die vrou met die bloeding genees (Markus 5:21–42).
Die meeste leringe, gelykenisse en prediking van Jesus het sy oorsprong in hierdie gebied. Jesus het gekom om te dien in presies die aspekte wat Hy in die Sinagoge kom verkondig het (Lukas 4:16-20). Jesus het nie net redding, verlossing en genesing bewerkstellig in Kapernaüm nie maar kan dit ook in jou lewe vandag doen: “Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid” (Hebreërs 13:8)!
Scripture
About this Plan
Hierdie leesplan is ʼn veertig dae reis in die lig van Jesus se woorde :"Ek is die weg, en die waarheid en die lewe" (Joh.14:6). Net na Jesus se hemelvaart was mense bekend as "mense van die weg"; hierdie het gedui op Jesus wat die weg was na God, en, tweedens, die leefwyse wat hulle gevolg het. Hierdie leesplan volg Jesus se lewe sodat ons soos Hy kan leef.
More