Die Weg, Die Waarheid en Die LeweSample
Dag 24 – Jesus in die Sinagoge in Nasaret
Nasaret kon nie spog met baie bekendes onder die bevolking nie, en toe Jesus, nou 'n charismatiese en beroemde leermeester, terugkeer huis toe, is Hy waarskynlik hartlik verwelkom. Hy het Nasaret as 'n gewone persoon verlaat; nou het hy teruggekeer as 'n Rabbi, vergesel van geleerdes en dissipels. Hy het na die Sinagoge van Nasaret gegaan en terwyl enige bekwame man teenwoordig die diens kon lei was Jesus vir hierdie rede daar (Lukas 4:16).
ʼn Gewone diens het bestaan uit gebede, voorlesings uit die wet en die profete en 'n preek. Die Jesaja boek is aan Jesus oorhandig. Hy het Jesaja 61:1-2 gelees: “Die Gees van die Here my God het oor my gekom; die Here het my gesalf om 'n blye boodskap te bring aan die mense in nood, Hy het my gestuur om dié wat moedeloos is, op te beur, om vir die gevangenes vrylating aan te kondig, vryheid vir dié wat opgesluit is, om aan te kondig dat die tyd gekom het waarop die Here genade betoon, die dag waarop ons God sy vyande straf maar almal wat treur, vertroos.” Nadat Jesus die gedeelte deurgelees het, het hy 'n toespraak gehou oor wat die woorde beteken, en hoe dit nou in Hom vervul is.
Hy het verskeie punte gemaak:
• dat Jesaja se profesie nou bewaarheid is
• dat die Een wat met die Gees gesalf is, Jesus self was
• en dat die tyd van God se verlossing aangebreek het.
Die gehoor was aanvanklik beïndruk daarmee, maar toe word dinge suur. Hulle het Hom geken as ʼn kind en kon Hom nie nou insien as die Messias nie. “Is hy dan nie Josef se seun nie?” het hulle onder mekaar gevra. “Is dit nie verstommend dat hy sulke dinge sê nie?” Hulle het gehoor hy genees die siekes in die nabygeleë Kapernaüm so laat hy dieselfde doen hier in Nasaret en bewys dat die woorde van Jesaja regtig op Hom betrekking het.
Jesus was egter nie 'n towenaar wat toertjies gedoen het om die skare te vermaak nie. Sy wonderwerke het verband gehou met die geloof en die morele toestand van ʼn persoon. Jesus het ook nie wonderwerke gedoen vir iemand wat skepties was oor sy krag en sy identiteit nie. Sy wonderwerke het staatgemaak op die onderlinge verwante krag van God, die reddende teenwoordigheid van Jesus en die onvoorwaardelike geloof aan die kant van die persoon wat genees wou word. Duidelik het hulle Jesus weens hulle ongeloof verwerp. Hy kon nie die Weg van God vir hulle wees nie.
Hulle was so woedend weens die feit dat Jesus hulle op hul ongeloof wys dat hulle bereid was om Hom te vermoor. Die voorval in Nasaret kon vir niemand 'n gelukkige ervaring gewees het nie, veral Maria, wat moontlik die wrok van die dorpenaars verstaan het, maar gedwing was om te sien hoe haar seun verwerp word en hoe Hy Homself gaan vestig het in Kapernaüm. Die gevolg was egter tragies vir Nasaret omdat Hy daar min wonderwerke gedoen het weens hulle ongeloof in Hom (Markus 6:5).
Scripture
About this Plan
Hierdie leesplan is ʼn veertig dae reis in die lig van Jesus se woorde :"Ek is die weg, en die waarheid en die lewe" (Joh.14:6). Net na Jesus se hemelvaart was mense bekend as "mense van die weg"; hierdie het gedui op Jesus wat die weg was na God, en, tweedens, die leefwyse wat hulle gevolg het. Hierdie leesplan volg Jesus se lewe sodat ons soos Hy kan leef.
More