YouVersion Logo
Search Icon

Die Weg, Die Waarheid en Die LeweSample

Die Weg, Die Waarheid en Die Lewe

DAY 21 OF 40

Dag 21 – Josef en Maria het Jesus terug Israel toe geneem

Daar word beweer dat dit in ʼn grot was in die Qousqamberge dat die engel aan Josef in ʼn droom verskyn het, nadat Herodes die Grote gesterf het in 4 vC, om hom opdrag te gee om die kind en Maria terug te neem Israel toe. Josef het besef na alles wat met hom en Maria gebeur het, dat dit nog steeds ʼn bedreiging gaan inhou omdat Herodes se seun Archeláüs in die plek van sy pa koning geword het. So het Josef, Maria en Jesus volgens Matteus in Nasaret gaan woon, hulle dorp van herkoms.

Die feit dat Jesus in Nasaret grootgeword het, kan as ʼn terloopse gebeurtenis beskou word maar dit is alles behalwe terloops. God het dit so beskik. Eeue voor Jesus Christus se geboorte, het die profeet Jesaja geprofeteer dat daar"... sal ‘n takkie uitspruit uit die stomp van Isai, en ‘n loot uit sy wortels sal vrugte dra. (Jesaja 11:1).

Die woord "tak" in Hebreeus is “netzer”, dieselfde stamwoord waaruit die naam "Nasaret" kom. Sommige geleerdes beweer dat Nasaret as "die dorp van die tak" in Jesus se tyd bekend gestaan het. In die Nuwe Testament verbind Matteus, Nasaret met die profesie in Jesaja 11:1: "Daar aangekom, het hy gaan woon in 'n dorp met die naam Nasaret. So is vervul wat deur die profete gesê is: Hy sal Nasarener genoem word" (Matt. 2:23).

Ons lewe is soms die groepering van moeilike omstandighede wat buite ons beheer lê. Dit veroorsaak soms dat ons gedagtes en gevoelens buite beheer raak. Voel jy dalk asof God jou verlaat en vergeet het? Voel dit dalk asof jou gebede teen die plafon vasslaan? Dan is hierdie boodskap vir jou.

Die boodskap is duidelik, dit is nie belangrik waardeur jy alles gegaan het nie maar wat jou bestemming is. Jesus se impak was bepaal deur waar Hy geëindig het en nie waardeur Hy gegaan het nie!

Day 20Day 22

About this Plan

Die Weg, Die Waarheid en Die Lewe

Hierdie leesplan is ʼn veertig dae reis in die lig van Jesus se woorde :"Ek is die weg, en die waarheid en die lewe" (Joh.14:6). Net na Jesus se hemelvaart was mense bekend as "mense van die weg"; hierdie het gedui op Jesus wat die weg was na God, en, tweedens, die leefwyse wat hulle gevolg het. Hierdie leesplan volg Jesus se lewe sodat ons soos Hy kan leef.

More