YouVersion Logo
Search Icon

Die Weg, Die Waarheid en Die LeweSample

Die Weg, Die Waarheid en Die Lewe

DAY 19 OF 40

Dag 19 – Die duiwel het probeer om God se plan van verlossing te kortwiek

Koning Herodes die Grote was ʼn briljante, paranoïese en ʼn mal man wat Judea in die tyd van Jesus se geboorte regeer het. Hy was oortuig daarvan dat feitlik almal in sy koninkryk hom dood gewens het, en hy was reg. Hy was gehaat en gevrees en met goeie rede weens sy berigte wreedhede. Volgens historici is daar letterlik elke dag iemand tereggestel in Herodes se ses-en-dertigjarige bewind.

Dit beteken by benadering, 13 000 moorde. Hy het onder andere na bewering sy pragtige en gewilde jong vrou Mariamne, 'n Hasmoniese Makkabese prinses in 29 vC. vermoor en toe daarna sy skoonma. Hy het in 7vC. verder twee van sy eie seuns Aristobulus en Alexander tereggestel nadat hy hulle beskuldig het dat hulle hom wil onttroon.

Josef en Maria het alle rede gehad om te vrees vir Jesus se lewe. Dit is onseker hoeveel Joodse seuntjies hy uiteindelik onder 2 jarige ouderdom vermoor het, maar dit was waarskynlik duisende. Wat egter interessant is van die verhaal in Mattheus 2:16-18 is die parallel met die verhaal in Eksodus 1:15-22 waar Farao die vroedvroue beveel om Hebreeuse manlike babas te vermoor.

Daar is ʼn duidelike vergelyking van Jesus met Moses, wat ook gered is van menslike slagting deur ʼn gruwelike heerser. Moses was die leier wat deur God geroep was om sy volk uit fisieke slawerny te lei. Jesus is die Messias wat deur God geroep is om sy volk van geestelike slawerny te verlos.

Op hierdie punt in die verhaal noem Matteus die groot Joodse matriarg, Ragel. Haar graf is by Rama, sowat vyf myl noord van Jerusalem. Sy het tydens haar kraam gesterf op pad na Betlehem (Efrat). Al hierdie tekens moes wys dat Jesus ʼn pad gestap het op aarde wat die heersers van die duisternis wou verhoed. Die rede was om Jesus te keer om die Verlosser te word sodat ons gered kan word van ʼn ewige dood.

Wanneer jy wedergebore word, bereik jy Jesus se doel waarvoor Hy aarde toe gekom het!

Day 18Day 20

About this Plan

Die Weg, Die Waarheid en Die Lewe

Hierdie leesplan is ʼn veertig dae reis in die lig van Jesus se woorde :"Ek is die weg, en die waarheid en die lewe" (Joh.14:6). Net na Jesus se hemelvaart was mense bekend as "mense van die weg"; hierdie het gedui op Jesus wat die weg was na God, en, tweedens, die leefwyse wat hulle gevolg het. Hierdie leesplan volg Jesus se lewe sodat ons soos Hy kan leef.

More