YouVersion Logo
Search Icon

Die Weg, Die Waarheid en Die LeweSample

Die Weg, Die Waarheid en Die Lewe

DAY 18 OF 40

Dag 18 – Jesus se menswording

Jesus se menswording is een van die boodskappe wat oor die eeue heen gevier word deur gelowiges in Advent tyd. In 'n neutedop beteken die menswording dat God se Seun, wat geestelik bestaan, 'n menslike liggaam en menslike lewe aangeneem het net soos ons s'n.

Maar as gevolg van sy groot liefde het ons Skepper 'n manier geskep om ons verhouding met Hom te herstel. God se Seun het ons menslike natuur aangeneem in Homself en Hy het 'n liggaam en 'n siel gehad net soos ons s'n en 'n hele menslike lewe soos ons geleef, behalwe dat Hy sondeloos was en Hy was volkome een met die Vader en die Heilige Gees en het sy naaste volmaak liefgehad. Hy sou dit doen sonder enige bonatuurlike hulp. Hy het honger en moeg geraak net soos ons. Hy was versoek met die potensiaal om sonde te doen. Hy sou verhoudings hê wat hom geseën en hartseer gemaak het, net soos ons.

En tog het Hy altyd sy hemelse Vader en sy naaste liefgehad, anders as wat ons soms versuim om te doen. God is gebore as die man, Jesus, sodat ons uiteindelik in gehoorsaamheid kan leef. Dit was nodig dat Jesus mens moes word, sodat Hy as een van ons die straf vir almal se ongehoorsaamheid kon dra. Hy moes sterf, maar natuurlik as God was dit onmoontlik, want God kan nie sterf nie. Hy moes wat onmoontlik was doen om verlossing vir die mens moontlik te maak. En omdat Jesus God was, was Hy die enigste een wat sterk genoeg was om die straf wat ons verdien te dra.

As die God wat mens geword het, het Jesus die lewe geleef wat ons moes geleef het, en die dood gesterf wat ons verdien het. En Hy gaan voort om ons te verteenwoordig by die troon van God as die Seun van die Vader wat vir ons in die hemel intree: “Wie kan dit nou nog waag om ons te veroordeel? Christus Jesus is mos aan ons kant.

Hy is in ons plek dood. God het Hom ook weer lewendig gemaak. Christus het nou die heel belangrikste posisie in die hemel. Daarom kan Hy nou ons saak by God suksesvol verdedig” (Rom.8:34, DB).

Gebruik nou ʼn oomblik om Jesus te vereer dat Hy vir jou intree by die Vader en plaas jou geloof in Hom wat die weg is tot ware lewe!

Day 17Day 19

About this Plan

Die Weg, Die Waarheid en Die Lewe

Hierdie leesplan is ʼn veertig dae reis in die lig van Jesus se woorde :"Ek is die weg, en die waarheid en die lewe" (Joh.14:6). Net na Jesus se hemelvaart was mense bekend as "mense van die weg"; hierdie het gedui op Jesus wat die weg was na God, en, tweedens, die leefwyse wat hulle gevolg het. Hierdie leesplan volg Jesus se lewe sodat ons soos Hy kan leef.

More

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy