Die Weg, Die Waarheid en Die LeweSample
Dag 13 – Die weg
Met woorde verklaar Jesus Homself as die groot "Ek Is", die enigste weg na die hemel, die enigste ware maatstaf van geregtigheid en die bron van beide fisieke en geestelike lewe. Hy het sy aanspraak gemaak as die enigste God van die Skepping, die Here wat Abraham geseën het, en die Heilige Een wat die ewigheid bewoon. Hy het dit gedoen sodat die dissipels die donker dae wat voorlê kon beleef en die missie kon voortsit om die evangelie aan die wêreld bekend te maak.
Natuurlik weet ons uit die Skrif dat hulle dit nog nie verstaan het nie, en dit het verskeie verskynings van Jesus geneem na sy opstanding om hulle vanuit hulle ongeloof te verlos. Toe hulle die waarheid van sy woorde verstaan het dat Hy die Weg is, het hulle veranderde mense van die Weg geword. Daarom dat Christene aanvanklik mense van die Weg genoem was tot in Handelinge 11 (plus minus tussen 12-20 jaar ongeveer in 43-50nC.) na die hemelvaart (Handelinge 9:2, 24:14).
Christenskap was nooit bedoel om net nog 'n godsdiens te wees nie, maar 'n lewenswyse op grond van die geloof in ʼn persoon wat hulle lei tot die ewige lewe. Gelowiges word nie net deur Jesus tot ʼn bestemming (die hemel) geroep nie, maar tot ʼn manier van lewe. In Matteus 4:19 het Jesus vir sy eerste dissipels gesê: “Kom volg My”, en Hy sê dieselfde vir ons vandag.
Die gelowige word geroep om Jesus te volg in plaas van om teologie oor Jesus te formuleer en ʼn instelling te word wat deur godsdienstige rituele in stand gehou word. Jesus is daarom nie net die Weg nie maar het ʼn spesifieke pad gestap en is daardeur ʼn voorbeeld vir elke gelowige om na te volg. Jy is ook net ʼn ware Christen as jy ʼn persoon van die Weg raak deurdat jy Jesus as die Weg, die waarheid en die lewe volg. Daardeur word jy ʼn persoon op reis deur die Weg na ʼn ewige bestemming!
Scripture
About this Plan
Hierdie leesplan is ʼn veertig dae reis in die lig van Jesus se woorde :"Ek is die weg, en die waarheid en die lewe" (Joh.14:6). Net na Jesus se hemelvaart was mense bekend as "mense van die weg"; hierdie het gedui op Jesus wat die weg was na God, en, tweedens, die leefwyse wat hulle gevolg het. Hierdie leesplan volg Jesus se lewe sodat ons soos Hy kan leef.
More