YouVersion Logo
Search Icon

Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke – eenjaarleesplan

DAY 155 OF 365

Vers 19: Dit is beter om arm te wees weens jou nederigheid as om ryk te wees saam met die hoogmoediges wat ander beroof. Nederigheid beteken in wese om jou aan die Woord van God te onderwerp, soos vers 20 uitspel. Vers 20: Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind wat God gee. Dié wat op die Here en sy beloftes vertrou, sal geluk vind. Die boosheid van hoogmoed lê in die oortreding van die eerste beginsel van wysheid – om die Here te vrees – sowel as die dubbele liefdesgebod – om God bo alles lief te hê en jou naaste soos jouself. “Die trotse man is dus in stryd met homself, sy naaste en die Here.” (Kidner)

Day 154Day 156

About this Plan

Spreuke – eenjaarleesplan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!

More