Spreuke – eenjaarleesplanSample

Spreuke leer ons dat die waarheid kosbaar is. Vers 28: 1983-vertaling vertaal pragtig: “Iemand wat die waarheid verdraai, veroorsaak twis. Iemand wat skinder, bring verwydering tussen vriende.” Die Boodskap-vertaling is ook in die kol: "Mense wat ompaaie met die waarheid loop, veroorsaak oral rusie. ’n Skindertong vernietig mooi vriendskappe.” Vers 29 waarsku jou teen iemand wat geweld lief het. Hy kan jou saamneem op ’n “nie-goeie pad.” Dit is ’n geval van onderbeklemtoning in Spreuke. Spreuke bedoel eintlik ’n allerverskriklikste pad! Vers 30 waarsku jou om mense se gesigsuitdrukkings fyn dop te hou. ’n Gefladder met die oë kommunikeer oneerlike of perverse dade. Saamgeperste lippe kommunikeer moeilikheid – "Wie met sy hand op sy mond sit, swyg oor wat verkeerd is” (DB).
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More