Spreuke – eenjaarleesplanSample

Hierdie vers waarsku weer, soos in Spreuke 3:6 en 14:12, dat jy nie jou eie oordeel moet gebruik om te besluit of ’n pad reg of verkeerd is nie, maar om jou leiding van die Here en sy Woord te ontvang, selfs al is dit direk in stryd met wat die samelewing goedkeur. "Soms lyk ’n lewenstyl goed en reg. Uiteindelik bring dit net ellende" (DB). Die Griekse vertaling van die Ou Testament vertaal "dood" (māwet) met Hades, dit wil sê die doderyk of ewige dood. Die waarskuwing om nie jou eie oordeel te gebruik nie, maar God s’n, word op verskeie plekke in Spreuke verder toegelig (Spreuke 12:15). Daar is die soortgelyke waarskuwing teen onsedelikheid en losbandigheid (Spreuke 5:3-6; 7:25-27). Die waarskuwing teen kortpaaie (Spreuke 15:19). Die waarskuwing om nie die onderrig van die wyses te ignoreer nie (Spreuke 13:14). Die belangrike is nie wat jy self dink oor jou lewenswyse nie, maar hoe God daaroor oordeel.
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More