Spreuke – eenjaarleesplanSample

Vers 21 en 23 gaan oor die bekoring en sjarme van wysheid. Vers 21: Die wyse van hart (dit is die sentrum van jou gedagtes volgens die Ou Testament) raak bekend vir sy oordeelkundige waarneming. "Soetheid van lippe" (iemand wat sy woorde sorgvuldig kies) bevorder die impak van sy woorde. Vers 23: Dit is die hart van 'n wyse wat wyse woorde voortbring en só 'n impak op die hoorders het. Vers 22 gaan oor die impak van wysheid op die wyse self. 1983-vertaling vertaal uitstekend: "Insig is 'n bron van lewe vir die wat dit besit. Onderrig deur dwase bly dwaasheid."
Scripture
About this Plan

Lees die boek Spreuke in 365 dae deur met hierdie leesplan. Daar is ’n spreuk vir elke dag met ‘n kort beskrywing van die betekenis daarvan. So sal jy ‘n goudmyn van Godgegewe slagspreuke vir jou eie persoonlike lewe ontdek. Dit is ook ‘n uiters geskikte bron vir ouers of opvoeders om as vertrekpunt in hulle onderrig en opvoeding te gebruik. Geniet dit!
More