YouVersion Logo
Search Icon

In Hom Is Ek SterkSample

In Hom Is Ek Sterk

DAY 7 OF 7

GOD IS GROTER AS AL DIE PREKE OOR HOM

Die meeste preke, Bybelstudies en geestelike boeke word in netjies verpakte formaat afgelewer. Drie punte, vier geestelike wette, vyf aksiestappe, en siedaar! Tog kan God nooit vasgevang word in al ons goed voorbereide seminare, preke of boeke nie. Hy is baie meer en ook oneindig groter as dit. Sy waarheid en sy teenwoordigheid gebeur dikwels verrassend, onvoorspelbaar en onbelemmerd. (’n Mens kan dit amper nie glo as jy week ná week deur dieselfde voorspelbare kerklike byeenkomste skuifel nie.)

God se ingrype gebeur om elke hoek en draai. Jy hoef nie te wag tot Sondagoggend in die kerk om die Here se Woord eksklusief te hoor nie. Sy koninkryk is oral. Jy loop hierin vas as een van sy Samaritane die lewenspad oorsteek om jou te midde van ’n probleem te kom bystaan. Jy ontdek God se goedheid uit die bloute as jy by ’n etenstafel, op sosiale media, of agter ’n werkbank in een van God se mense vasloop wat ’n stukkie hemel voor jou oopmaak. Wees gereed om vandag verras te word deur God se nabyheid. Wees self ook ’n aktiewe uitdraer van God se koninkryk wat mense verras met sy goedheid.

Hierdie oordenkings is saamgestel uit ’N VEILIGE VESTING deur Stephan Joubert © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Scripture

Day 6

About this Plan

In Hom Is Ek Sterk

Is ons nie vandag geneig om krag en sterkte te sien as die grootse, die beste, die suksesvolste nie? Ons wil vir ander indrukwekkend en onoorwinlik voorkom. Die Bybel herinner ons dat klein in werklikheid groot is in God oë; Hy is die een wat ons werklik sterk kan maak. Hierdie 7-dag Leesplan is geneem uit ’N VEILIGE VESTING deur Stephan Joubert.

More