YouVersion Logo
Search Icon

In Hom Is Ek SterkSample

In Hom Is Ek Sterk

DAY 3 OF 7

GOD SE SUPERHELDE

Hoe lyk die Bybelse helde wat God nader gewink het om die wêreld andersom te laat draai? Of is dit eerder kop onderstebo? Laasgenoemde is immers die beskuldiging teen Paulus in Tessalonika in Handelinge 17:7. Sedert hy in hierdie stad opgedaag het, is almal in rep en roer. Wat het Paulus hier gedoen? Wel, hy het nie met superwapens in Tessalonika ingevlieg gekom en al wat ’n vyand is afgemaai nie.

In 1 Tessalonisense 2 deel Paulus sy geheim. Hy vertel in vers 7 dat hy soos ’n klein kindjie tussen die mense was – weerloos en sonder pretensie! Die fokus was nooit op homself nie, maar op die Here. Ook skryf Paulus in vers 8 dat hy opgetree het soos ’n liefdevolle ma wat haar kinders goed versorg. Tussendeur het hy vir sy eie lewensonderhoud gewerk. Paulus het nooit ander mense vir geld gemanipuleer nie. In vers 11 skryf hy dat hy soos ’n goeie pa die gelowiges aangemoedig en gehelp het om reg te leef op God se pad.

Die Here se superhelde lyk vandag steeds so. Hulle laat skyn die soeklig op God en op ander mense, nooit op hulleself nie. Dit is hulle superkrag!

Scripture

Day 2Day 4

About this Plan

In Hom Is Ek Sterk

Is ons nie vandag geneig om krag en sterkte te sien as die grootse, die beste, die suksesvolste nie? Ons wil vir ander indrukwekkend en onoorwinlik voorkom. Die Bybel herinner ons dat klein in werklikheid groot is in God oë; Hy is die een wat ons werklik sterk kan maak. Hierdie 7-dag Leesplan is geneem uit ’N VEILIGE VESTING deur Stephan Joubert.

More