YouVersion Logo
Search Icon

In Hom Is Ek SterkSample

In Hom Is Ek Sterk

DAY 6 OF 7

GROEI GROTER KLEINER!

Moenie nederigheid verwar met ’n jammer-dat-ek-leef-houding nie. Nederige mense is nie vervelige of vaal wesens sonder enige opinie van hulleself nie. Nederige mense is juis sterk individue wat elke dag kies teen die selfsug en verwaandheid in hulleself sodat hulle diensbaar aan die Here en ander kan wees.

Nederigheid is nie ’n doel op sigself nie; dit is ’n geloofsingesteldheid. Nederigheid is ’n voltydse manier van leef voor God en tussen ander mense. Nederigheid is om kleiner te groei in sy teenwoordigheid. Nederige mense buig dieper voor Hom. Ook groei hulle al hoe meer in hulle respek en agting vir mense. Nederiges sien nooit neer op ander nie. Trouens, hulle ag ander mense hoër as hulleself, soos wat Paulus in Filippense 2 vir gelowiges leer. Hulle spog nooit oor hulleself nie. Hulle fokus nooit die aandag selfsugtig op hulleself nie. Hulle hoef ook nie elke keer die laaste sê te hê nie. Nederiges dra Jesus se kruis. Hulle weet laaste is eerste by Hom, en klein is groot in sy oë. Daarom groei hulle groter kleiner! Hulle word minder meer!

Day 5Day 7

About this Plan

In Hom Is Ek Sterk

Is ons nie vandag geneig om krag en sterkte te sien as die grootse, die beste, die suksesvolste nie? Ons wil vir ander indrukwekkend en onoorwinlik voorkom. Die Bybel herinner ons dat klein in werklikheid groot is in God oë; Hy is die een wat ons werklik sterk kan maak. Hierdie 7-dag Leesplan is geneem uit ’N VEILIGE VESTING deur Stephan Joubert.

More