In Hom Is Ek SterkSample
LITTEKENS WYS ONS IS STERKER
Daar is ’n verskil tussen ’n wond en ’n litteken. ’n Wond vertel van vars pyn. Moeilikheid is nog in die omgewing, of pas verby. Dit vertel van seer wat ons onlangs aangedoen is en wat nog steeds baie pynlik is. Littekens vertel op hulle beurt van wonde wat reeds genees het. Dit vertel dat ons reeds groot pyn oorleef het en dat ons nou sterker is.
Net soos Jesus behoort ons ook meer littekens as wonde te hê. Die boek Openbaring identifiseer Hom as die Lam wat geslag is. Hy dra dus nou nog die littekens aan sy liggaam van sy geveg aan die kruis. Jesus het tot die dood toe geveg en gewen. Hy het dit vir óns gedoen. Die wonde van die kruis het nou sy hemelse littekens geword. Sy geveg is ons oorwinning. Daarom kan al die wonde genees wat die lewe ons ook al toedien. Ons is nie slagoffers van enigiets in die lewe nie. Ons kan toelaat dat die Here dit genees. Ons moet! Anders sit ons met wonde wat septies gaan raak.
Scripture
About this Plan
Is ons nie vandag geneig om krag en sterkte te sien as die grootse, die beste, die suksesvolste nie? Ons wil vir ander indrukwekkend en onoorwinlik voorkom. Die Bybel herinner ons dat klein in werklikheid groot is in God oë; Hy is die een wat ons werklik sterk kan maak. Hierdie 7-dag Leesplan is geneem uit ’N VEILIGE VESTING deur Stephan Joubert.
More