YouVersion Logo
Search Icon

In Hom Is Ek SterkSample

In Hom Is Ek Sterk

DAY 1 OF 7

EK VAL, MAAR EK STAAN ELKE DAG OP

Die woorde van D.L. Moody resoneer diep met my: “I am only one, but I am one. I cannot do everything, but I can do something. And that which I can do, by the grace of God I will do.” My “superkragte” is nie om deur die lug te kan vlieg soos al wat ’n superheld in die flieks doen nie. Of om vinniger as lig te hardloop nie. Ek kan nie kits-wonderwerke produseer soos party TV-predikers nie. Of gebede bid wat die aarde laat bewe en mense laat neerslaan nie.

Eintlik wil ek maar net met integriteit doen wat ek vir die Here moet doen. Ek weet ek moet my geloof in Christus konsekwent uitleef en ander mense dien met my paar talente. Kry ek dit reg? Wel, so sukkelend en stamelend, om die minste te sê! Maar ek doen dit. Ek struikel dikwels oor my woorde. Ek slaan neer as gevolg van my onbeholpenheid. Partykeer laat ek die Here en ander mense sleg in die steek. Maar deur sy genade staan ek elke keer weer op as ek val. Want ek kan elke dag iets spesiaals vir die Here doen. En ek sal!

Scripture

Day 2

About this Plan

In Hom Is Ek Sterk

Is ons nie vandag geneig om krag en sterkte te sien as die grootse, die beste, die suksesvolste nie? Ons wil vir ander indrukwekkend en onoorwinlik voorkom. Die Bybel herinner ons dat klein in werklikheid groot is in God oë; Hy is die een wat ons werklik sterk kan maak. Hierdie 7-dag Leesplan is geneem uit ’N VEILIGE VESTING deur Stephan Joubert.

More