YouVersion Logo
Search Icon

In Hom Is Ek SterkSample

In Hom Is Ek Sterk

DAY 4 OF 7

GELOOF IS MEER AS ’N SUIKERLAGIE

We have not journeyed all this way because we are made of sugar candy!” Hierdie woorde van Winston Churchill is ook vandag waar vir ons as volgelinge van die Here Jesus. Ons is nie “softies” nie. Die Here se liefde laat ons nie naïef op ’n wolk van geluksaligheid rondsweef nie. Ons voete raak elke dag goeie grond te midde van die seer en swaar van onreg, dood, worstelinge en nuwe uitdagings hier rondom ons.

Ons volg dus die Here in die regte lewe. Ons weet dit kos moed om elke dag te kies om in Hom te glo. Ons weet dit kos leeuemoed om nie saam met almal in die stroom van woede en ontevredenheid meegesleur te word nie. Ons kies egter oor en oor hierdie pad, en ook vandag weer omdat ons weet die Here is by ons. Ons is swak, maar tog sterk. Ons is weerloos, maar tog weerbaar. Ons is breekbaar, maar tog dapper. Ons is oor raad verleë, maar nie radeloos nie. Ons volg die Een wat sy kruis enduit gedra het. Ons is hier om die pad saam met die Here Jesus te voltooi. Ons gaan nie smelt nie.

Scripture

Day 3Day 5

About this Plan

In Hom Is Ek Sterk

Is ons nie vandag geneig om krag en sterkte te sien as die grootse, die beste, die suksesvolste nie? Ons wil vir ander indrukwekkend en onoorwinlik voorkom. Die Bybel herinner ons dat klein in werklikheid groot is in God oë; Hy is die een wat ons werklik sterk kan maak. Hierdie 7-dag Leesplan is geneem uit ’N VEILIGE VESTING deur Stephan Joubert.

More