YouVersion Logo
Search Icon

In Hom Is Ek SterkSample

In Hom Is Ek Sterk

DAY 2 OF 7

SWAAI JOU STERT OP DIE PREDIKER SE MANIER

Dieselfde lot tref almal op aarde sê Prediker 9. Nogtans is ons nie passiewe slagoffers nie. Ons is ten minste lewende honde en nie dooie leeus nie, sê die Prediker. Ons kan steeds ons sterte swaai. Maar ons doen dit nie. Hoekom nie? Want ons wil eintlik leeus wees, al beland baie leeus as trofeë teen jagters se woonkamermure. Krag beïndruk ons meer as weerloosheid en broosheid. Sportspanne word graag na sterk diere vernoem; bulle, olifante, luiperds, haaie. Honde? Nie sommer nie! Nie eens kerkmense neem sulke Bybelse terme ernstig op nie.

Dink byvoorbeeld aan Jesus se gunsteling terme vir sy volgelinge. In Matteus 18 hoor ons dat sy mense soos klein kindertjies is. Of soos lammers in Lukas 10. Tog funksioneer sulke weerlose taal bykans nêrens in die kerk nie. Wie wil nou na hulleself verwys as dienaars of lammetjies? Kragmanne en amasone-vroue – dit is die taal wat deesdae al hoe meer resoneer met suksesvolle gelowiges. Wel, dalk stroop sulke kragtaal ons van ons kinderlike vertroue in die Here. Net dalk maak dit ons heeltemal te seker van onsself. Daarom kort ons nuwe geloofstaal sodat ons weer ons sterte kan swaai.

Day 1Day 3

About this Plan

In Hom Is Ek Sterk

Is ons nie vandag geneig om krag en sterkte te sien as die grootse, die beste, die suksesvolste nie? Ons wil vir ander indrukwekkend en onoorwinlik voorkom. Die Bybel herinner ons dat klein in werklikheid groot is in God oë; Hy is die een wat ons werklik sterk kan maak. Hierdie 7-dag Leesplan is geneem uit ’N VEILIGE VESTING deur Stephan Joubert.

More