YouVersion Logo
Search Icon

Vertrou God Te Midde Van SwaarkrySample

Vertrou God Te Midde Van Swaarkry

DAY 7 OF 29

Lees: Psalm 13

SOAP: Psalm 13:6

Ek hou vas aan u troue liefde,

oor die uitkoms wat U gee,

juig my hart.

Oordenking

In hierdie Psalm het Dawid weereens uiting gegee aan sy ongeduld as hy sien hoe bose dade skynbaar ongemerk verbygaan. En hy het God gevra om iets daaromtrent te doen. As ons eerlik is, voel ons almal soms so. Ons is ongeduldig om God te sien werk, genees, beskerm en red, en ons word verward en moedeloos wanneer Hy dit nie in ons tydsberekening of op ons manier doen nie. Ons voel vergete, bedrieg en mislei.

Dit is wanneer ons moet aanhou onthou wat waar is. Dit is dan wanneer ons kan steun op die kennis en geloof wat ons opgedoen het deur elke dag gehoorsaam na God se Woord te gaan en dit weg te bêre vir sulke oomblikke soos hierdie. Dit is waar weeklaag ’n belangrike rol speel om ons geloof te onderhou en selfs te laat groei. Soos ons God vertrou met die dinge wat ons nie kan beheer nie en glo Hy is wie Hy sê Hy is, selfs wanneer die lewe nie sin maak nie, word ons geloof versterk.

Die Here is gister, vandag en tot in ewigheid dieselfde (Hebreërs 13:8). Ons dank God vandag vir sy verlossing deur Jesus Christus. God het die wêreld en die mensdom geskep, maar sonde het ons van Hom geskei. Hy het sy enigste Seun, Jesus Christus, gestuur om die prys vir ons sonde te betaal en die mensdom te verlos, sodat ons ’n persoonlike verhouding met God die Vader kan hê. Wat sal ons reaksie wees? Wat sal jou reaksie wees? Hoe sal ons reageer in die aangesig van onvermydelike lyding? Jesus sê: “Dit het Ek vir julle gesê, sodat julle in My vrede kan hê. In hierdie wêreld het julle moeilikheid en lyding, maar hou moed – Ek het die wêreld oorwin” (Johannes 16:33).

Sy karakter verander nooit en Hy het jou, sy kind, innig lief. As jy in Christus Jesus is, is daar geen veroordeling vir jou nie (Romeine 8:1). Wanneer jy ’n seisoen van lyding, onreg of pyn ervaar, moenie vermy om met God te praat omdat jy nie weet hoe om sommige van jou vrae te stel nie. Bid tot Hom soos jy met ’n liefdevolle Vader sal praat, gebruik die woorde van die Psalms as jy moet, en glo dat Hy getrou sal bly.

Gaan vandag in vryheid na Hom toe, met die wete dat jy die Here van jou onuitspreeklike pyn kan vertel en Hom ter selfde tyd met alles kan vertrou.

Scripture

Day 6Day 8

About this Plan

Vertrou God Te Midde Van Swaarkry

Voel dit vir jou asof die wêreld oral om jou ineengestort het? Voel dit vir jou asof jy deur die een storm op die ander getref word? Het jy begin wonder waar God te midde van al jou hartseer is? Vriendin, jy is nie alleen in jou swaarkry nie.

More