YouVersion Logo
Search Icon

Vertrou God Te Midde Van SwaarkrySample

Vertrou God Te Midde Van Swaarkry

DAY 12 OF 29

Lees: Klaagliedere 3

SOAP: Klaagliedere 3:21–24

Maar dít sal ek ter harte neem

en om dié rede bly ek hoop:

deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie;

daar is geen einde aan sy ontferming nie,

dit is elke môre nuut.

U trou is groot.

Ek sê vir myself: Die Here is my lewe,

daarom hoop ek op Hom.

Oordenking

In vandag se Skriflesing kry ons diepgaande hoop en bemoediging, ‘n ligstraal te midde van ‘n moeilike Bybelse verslag. Klaagliedere 3:21-24 is dalk welbekend, maar nie baie mense ken die omstandighede en konteks waarin dit voorkom nie. Mag ons, terwyl ons vandag en hierdie week dieper delf, herinner word aan die kontras tussen ‘n lewe van geloof en ‘n lewe van rebellie. Laat ons onthou dat hierdie gedeelte ware beskrywings is van gebeure na die val van Jerusalem. Mag dit as waarskuwing dien teen die gevolge van sonde en die genade wat God bied aan almal wat na Hom uitroep.

Selfs te midde van lyding en pyn vind ons ongelooflike hoop. Weereens sien ons ‘n Bybelse skrywer wat, in weeklaag, alles wat om hom gebeur, beskryf en dan daadwerklik, wat hy weet waar is omtrent die Here, in herinnering roep. Die waarheid is dat die skrywer selfs te midde van sulke pyn — tonele van gebreekte bene (v. 4), sy gebed wat geïgnoreer word (v. 8), hy wat vermink lê (v. 11), en klippe kou (v. 16) — kies om die goedheid van die Here te verkondig. Jeremia stel ‘n wonderlike voorbeeld van hoe ons eerder op die waarheid as op ons omstandighede of emosies kan fokus.

Hy ken die ware karakter van God en plaas sy vertroue in wat hy weet, nie wat hy sien nie. Hy glo vas dat sy enigste moontlike hoop daarin lê om God volkome te vertrou. Selfs te midde van die onbeskryflike lyding wat in die boek Klaagliedere opgeteken is, is daar hoop. Ons dien ‘n deernisvolle God wat nooit ‘n nederige, berouvolle hart sal verwerp nie.

Dit is belangrik om die waarheid te weet oor wie God is. Dit is belangrik dat ons ons daarop moet toelê om God, sy karakter, en sy Woord vir onsself te leer ken en nie tevrede te wees om deur ander (selfs uitstekende leraars en predikers) gevoer te word nie. Een van die kragtigste besluite wat jy vir jouself en jou geliefdes kan neem, is om ‘n gewoonte daarvan te maak om daagliks God se Woord oop te maak en meer omtrent Hom te leer.

Dit is deurslaggewend om die waarheid omtrent God te glo. As ons styf vashou aan ons God en wat ons van Hom weet, sal die volgende vlaag swaarkry en pyn ons nie tot uiterste wanhoop dryf nie. Om die waarheid te sê, ons sal ‘n dieper, meer intieme verhouding kan hê met die Een wat alles, ook ons eie harte, in sy hande hou.

Day 11Day 13

About this Plan

Vertrou God Te Midde Van Swaarkry

Voel dit vir jou asof die wêreld oral om jou ineengestort het? Voel dit vir jou asof jy deur die een storm op die ander getref word? Het jy begin wonder waar God te midde van al jou hartseer is? Vriendin, jy is nie alleen in jou swaarkry nie.

More