Vertrou God Te Midde Van SwaarkrySample
![Vertrou God Te Midde Van Swaarkry](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F31099%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Lees: Klaagliedere 2
SOAP: Klaagliedere 2:11
My oë is gedaan van die huil,
dit brand in my,
my moed is gebreek,
want my volk is plat geslaan;
kinders en babatjies sak inmekaar
in die strate van die stad.
Oordenking
Dit is baie moeilik om die woorde te glo wat ons vandag lees, en dit voel byna onmoontlik om dit wat in Klaagliedere 2 opgeteken is te versoen met die goeie, liefdevolle en vriendelike God wat ons ken. Hoe kon Hy sulke dinge toelaat? Vandag se Skrifgedeelte is ‘n ontnugterende weergawe van die gevolge van ‘n lewe van ongehoorsaamheid aan die Here.
Vriendinne, laat ons studie vandag as ‘n waarskuwing dien van wat met ons siele gebeur wanneer ons van God af wegdraai. Mag dit ons herinner aan wat in die geestelike ryk gebeur wanneer ons afleiding, versoeking en sonde verkies en van die Here wegdraai in plaas daarvan om gehoorsaam en getrou saam met Hom te wandel. Daaglikse berou is nie net ‘n voorskrif om te volg nie, maar ‘n voorreg om te beoefen. Die Here begeer en smag daarna dat elke mens Hom sal leer ken en liefhê, en oorvloedige vreugde in sy teenwoordigheid ervaar (Psalm 16:11).
God is heilig en regverdig. Ten einde aan sy natuur getrou te bly, kan geen sonde in sy teenwoordigheid toegelaat word nie. Die gevolge van sonde is vernietiging en die dood. Hy het egter vir ons ‘n manier voorsien om, ten spyte van ons sonde, lewe te hê. Deur geloof in Christus aanvaar ons God se genadegawe van vergifnis.
Ons is elke liewe dag in ‘n geestelike stryd gewikkel. Deur God se genade veg diegene wat in Jesus Christus is, aan die Here se seëvierende kant vir alles wat goed is. Die duiwel en sy leër, daarenteen, val aan, steel en vernietig. Ons neem aan hierdie stryd deel en staan vas in ons geloof deur elke geestelike seëning wat in Christus in die hemelse koninkryk tot ons beskikking is, te aktiveer (Efesiërs 1:3).
Moenie van hierdie stryd vergeet of dit ignoreer nie. Dit is ‘n stryd om lewe en dood. Ons sien dalk nie dadelik die gevolge nie, en hopelik sal ons nooit die grusame tonele wat in Klaagliedere 2 beskryf word, hoef te aanskou nie, maar ons moet waaksaam bly, oorgehaal om die duiwel en die vleeslike sonde te beveg, vasstaan in ons geloof en nederig met God wandel.
Jy is nie alleen hierin nie. Bly getrou, wandel in gehoorsaamheid en onthou wat jy weet waar is, ongeag jou omstandighede. Wees daagliks berouvol, wees innig lief vir God, en bly in sy Woord gewortel.
Scripture
About this Plan
![Vertrou God Te Midde Van Swaarkry](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F31099%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Voel dit vir jou asof die wêreld oral om jou ineengestort het? Voel dit vir jou asof jy deur die een storm op die ander getref word? Het jy begin wonder waar God te midde van al jou hartseer is? Vriendin, jy is nie alleen in jou swaarkry nie.
More
Related Plans
![Childrearing With the End in View: A 3-Day Parenting Plan](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55210%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Childrearing With the End in View: A 3-Day Parenting Plan
![Living for Christ at Home: An Encouragement for Teens](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55404%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Living for Christ at Home: An Encouragement for Teens
![Daily Bible Reading— February 2025, God’s Strengthening Word: Sharing God's Love](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55144%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Daily Bible Reading— February 2025, God’s Strengthening Word: Sharing God's Love
![Know Jesus, Make Him Known](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55445%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Know Jesus, Make Him Known
![The Bible for Young Explorers: Exodus](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55167%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Bible for Young Explorers: Exodus
![The Complete Devotional With Josh Norman](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54735%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Complete Devotional With Josh Norman
![Acts 9:32-43 | You Will Do Greater Things Than These](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55220%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Acts 9:32-43 | You Will Do Greater Things Than These
![For the Least of These](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54952%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
For the Least of These
![Pursuing Growth as Couples: A 3-Day Marriage Plan](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55217%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Pursuing Growth as Couples: A 3-Day Marriage Plan
![Fear Not: God's Promise of Victory for Women Leaders](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55254%2F320x180.jpg&w=640&q=75)