YouVersion Logo
Search Icon

Vertrou God Te Midde Van SwaarkrySample

Vertrou God Te Midde Van Swaarkry

DAY 10 OF 29

Lees: Klaagliedere 1

SOAP: Klaagliedere 1:12

Raak dit julle nie, julle almal wat met die pad verbygaan?

Kyk tog self of daar 'n smart is soos die smart wat oor my gekom het,

wat die Here my aangedoen het die dag toe sy toorn losgebreek het.

Oordenking

Teen die tyd toe die boek Klaagliedere geskryf is, was Juda, die suidelike koninkryk van Israel, deur die Babiloniërs onder aanvoering van koning Nebukadnesar ingeneem. Die mense van Juda het lank tevore hulle God verlaat, hulle eie koers ingeslaan en die profetiese waarskuwings van Jeremia geïgnoreer — selfs uitgelag. Jeremia het die volk probeer oortuig om na die Here terug te keer en aan Babilon oor te gee.

Die boek van Klaagliedere spreek diepe hartseer uit oor die verskriklike lyding wat na aanleiding van hierdie gebeure in Juda plaasgevind het. Die hoof boodskap van Klaagliedere is dat ongehoorsaamheid aan God tot verwoesting lei en dat berou die enigste manier is om weer by Hom uit te kom. God is ‘n deernisvolle God, maar Hy is ook regverdig; Hy kan nie sonde oorsien nie. Die goeie nuus is dat Hy ook nie ‘n berouvolle hart sal minag nie. Hy het die grootste prys vir sonde betaal het toe Hy sy enigste Seun, Jesus Christus, in elkeen van ons se plek na die kruis gestuur het.

In vandag se Bybelverse sien ons dat hierdie hartverskeurende tonele wat in Klaagliedere 1 beskryf word, deur die Here veroorsaak en toegedien is. Jeremia, die skrywer van die boek, vra: “Is daar nog smart soos die smart wat Hy my aangedoen het?” Die waarheid is dat Juda al jare lank deur die profeet Jeremia gewaarsku is oor wat sou gebeur as hulle hul nie eerstens aan die Here, en tweedens aan hulle verdrukker, Babilon, oorgee nie. Hy het gesê hoe God hulle ongehoorsaamheid gaan wreek. Die mense van Juda het Jeremia uitgelag, hom ‘n verraaier genoem, en hom probeer stilmaak deur hom te slaan en op te sluit.

Ons God is regverdig en heilig. Hy kan nie en sal nie sonde duld nie. Spreuke 1:7 sê: “Kennis begin met die dien van die Here”. Ons lees in vandag se studie dat God se woede soos vuur gloei. Diegene wat Hom volg en op Hom vertrou, kan egter met die sekerheid leef dat Hy hulle swaarkry raaksien, dat Hy naby is en hulle met sy liefde sal vertroos.

Die gedeelte wat ons vandag bestudeer, kan ons twee belangrike dinge leer. Eerstens: dit wat met diegene gebeur wat nie hul vertroue in die Here Jesus plaas nie, maar hul eie pad van duisternis bewandel. Tweedens: dit behoort vir ons groot vertroue te gee om op te staan en vir ander van sy groot liefde te vertel sodat hulle ook die oorvloed, vryheid en lewe wat Hy deur verlossing aanbied, kan ervaar!

Day 9Day 11

About this Plan

Vertrou God Te Midde Van Swaarkry

Voel dit vir jou asof die wêreld oral om jou ineengestort het? Voel dit vir jou asof jy deur die een storm op die ander getref word? Het jy begin wonder waar God te midde van al jou hartseer is? Vriendin, jy is nie alleen in jou swaarkry nie.

More