YouVersion Logo
Search Icon

Vertrou God Te Midde Van SwaarkrySample

Vertrou God Te Midde Van Swaarkry

DAY 5 OF 29

Lees: Psalm 22

SOAP: Psalm 22:20

En U, Here – moet tog nie so ver bly nie,

Bron van my krag, help my tog gou!

Oordenking

Vandag se "SOAP"-vers is 'n kragtige verkondiging in die middel van 'n Psalm wat moeilik kan wees om te lees. Soveel onreg gebeur, soveel moeilikheid en lyding vind plaas! Tog verkondig die Psalmdigter: “Maar U, Here…” Hy vertrou op die Here vir sy krag en wag dat God hom sal help.

Die eerste woorde van hierdie Psalm herinner ons aan die angs wat ons Here en Verlosser, Jesus Christus deurgemaak het toe Hy gekruisig is. Hy het Dawid se woorde uit Psalm 22 gebruik en uitgeroep: “My God, my God, waarom het U my verlaat?” (Matteus 27:46). Dit is 'n groot voorreg om die Psalms in die Bybel opgeteken te hê, sodat ons dit vandag vrylik kan lees en gebruik in ons eie weeklaag en lyding, met die wete dat Jesus aan hierdie selfde woorde gedink het in die oomblikke voor sy dood.

Daar is krag, en beslis geloof, daarin om te verkondig wat ons nie sien of voel nie, maar weet waar is. Hebreërs 11:1 beskryf geloof as “om seker te wees van wat ons hoop, om oortuig te wees van wat ons nie sien nie”. As God se volk — heilig en baie geliefd — moet ons geloof hê te midde van beproewings en lyding om te onthou wie God is, en om dit te verkondig. Ons moet dit oor ons eie moeë, neerslagtige siele spreek, en ons moet dit ook verkondig aan diegene rondom ons, insluitend ons geliefdes, families, vriende en gemeenskap.

Dalk sal God ons lewe en geloof as ‘n voorbeeld gebruik vir die mense rondom ons, wanneer hulle kyk hoe ons deur tye van groot pyn en lyding gaan en sien dat ons nie verpletter is nie (2 Korintiërs 4:8-10). So kan Hy hulle na Hom toe trek wanneer hulle begeer om die bron van ons krag te ken.

Mag ons vroue wees wat selfs in die ergste omstandighede getrou en hoopvol bly. Mag ons altyd ons dierbare Verlosser aan die kruis onthou wat Homself na die Psalms gewend het vir vertroosting te midde van die mees ondraaglike pyn en angs. En mag ons sy voorbeeld volg en na God se Woord draai in ons eie pyn, lyding en twyfel.

Scripture

Day 4Day 6