YouVersion Logo
Search Icon

Vertrou God Te Midde Van SwaarkrySample

Vertrou God Te Midde Van Swaarkry

DAY 4 OF 29

Lees: Psalm 10

SOAP: Psalm 10:1

Waarom staan U so ver weg, Here?

Waarom trek U U terug in tye van nood?

Oordenking

Die lewe is moeilik. Ons word van koers af gebring en is moeg. Soms voel dit of God so ver en stil is. Gee Hy ooit om? Waarom laat Hy lyding toe? Kan Hy nie iets doen nie? Ons het almal een of ander tyd met hierdie vrae geworstel — of dalk is ons nou in die middel van ‘n worsteling daarmee.

Dit is 'n groot troos om te sien dat die woorde van Psalm 10:1 in die Bybel opgeneem is. Ons kan hoop vind in die wete dat ons nie alleen is nie. Jy is nie die enigste een wat hierdie vrae vra en oor hierdie dinge wonder nie.

Daar is tye en situasies wat ons verstom laat oor hoekom God niks doen om te genees, reg te maak en te verlos nie. Ons ken God se karakter en dit lyk nie of dit ooreenstem met wat ons in die wêreld rondom ons sien gebeur nie – hoe kan Hy stilbly?

In sulke tye kan weeklaag ons harte help om in geloof te rus en gehoorsaam te bly aan God se Woord. God beweeg altyd, werk altyd en is nooit ver nie. In Eksodus 34:6 beskryf God Homself as: "Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou." Ons moet dit onthou. Ons moet sy karakter onthou, al die dinge wat ons weet waar is, en al die wonderlike dinge wat Hy gedoen het, nie net in ons eie lewens nie, maar ook in die lewens van ander deur die geskiedenis en in die lewens van diegene in die Bybel.

Om God se Woord te lees en elke dag tyd te neem om dit in diepte te bestudeer, is nie net 'n lieflike gewoonte van 'n Christen nie. Dit is die kragtige gewoonte van 'n vroulike vegter, vroue soos jy wat in 'n gebroke wêreld leef, maar 'n goeie, liefdevolle en soewereine God vertrou. Kom ons leer om deur al die tye wat ons voel asof die Here stil en ver weg is, te weeklaag terwyl ons heeltyd vertrou op wat ons weet waar is: Hy is barmhartig, genadig, lankmoedig, vol liefde en trou.

Scripture

Day 3Day 5

About this Plan

Vertrou God Te Midde Van Swaarkry

Voel dit vir jou asof die wêreld oral om jou ineengestort het? Voel dit vir jou asof jy deur die een storm op die ander getref word? Het jy begin wonder waar God te midde van al jou hartseer is? Vriendin, jy is nie alleen in jou swaarkry nie.

More