YouVersion Logo
Search Icon

Vertrou God Te Midde Van SwaarkrySample

Vertrou God Te Midde Van Swaarkry

DAY 3 OF 29

Lees: Psalm 77

SOAP: Psalm 77:11–12

En ek sê: “My grootste smart is dat die Allerhoogste nie handel soos voorheen nie.” Ek wil dink aan die dade van die Here, ja, ek wil dink aan u wonderdade van vroeër.

Oordenking

Ons kan geskok of verras voel om hierdie rou, eerlike en kwesbare woorde in die Bybel te lees. Meeste van ons hoor nie gebede soos Psalm 77 in ons kerke nie, en ons is dalk onseker of dit selfs gepas is om op hierdie manier met God te praat.

Wanneer ons hierdie soort Psalms lees, vind ons ernstige, desperate uitroepe. Hierdie skrywers was vol vertroue in God se karakter. Wanneer hulle omstandighede nie ooreengestem het met wat hulle van God geweet het nie, het hulle geweeklaag.

Soos ons in hierdie studie saam die kuns aanleer om te weeklaag, mag ons vroue word wat so veilig voel in ons verhouding met God en wat die beloftes wat Hy aan ons gemaak het vertrou, dat ons vrylik en Bybels die lyding van hierdie wêreld kan betreur.

Psalm 77 bied soveel insig in wat ware Bybelse weeklaag is. Hierdie Psalm is 'n praktiese voorbeeld van hoe ons weeklaag in ons eie lewens kan beoefen. Weeklaag is bloot om ons gebroke harte met die Here te deel. Dit is die taal van God se mense wat die Here ken en liefhet en wat bewus is dat hulle in 'n gebroke, donker wêreld leef. Die lewe is nie veronderstel om so te wees nie. Sonde het die wêreld binnegedring en dit vir altyd verander. Die lewe wat God vir ons in gedagte gehad het, is vir altyd besoedel deur hartseer en pyn.

Maar God het ons in sy barmhartigheid en genade toegerus met 'n Bybelse manier om hierdie gevoelens, situasies en pyn te hanteer. Hy het vir ons weeklaag gegee.

In ons Skrifgedeelte vandag herinner die Psalmdigter ons daaraan dat selfs wanneer ons voel dat alles verlore is – selfs wanneer ons onherstelbaar voel, hartgebroke en diep gewond is deur die sonde in en om ons – ons steeds al die wonderlike dade van die Here kan onthou. Eintlik word ons aangemoedig om dit te doen. Dit is belangrik dat ons onthou wat God in die verlede gedoen het, want ons weet Hy is getrou; as Hy dit al voorheen gedoen het, sal Hy dit weer doen. Ons kan slegs onthou as ons hierdie kennis eers in ons gedagtes en harte gebêre het. Dit is hoekom die daaglikse lees van God se Woord so 'n belangrike dissipline in die lewe van 'n Christen is.

Ons kan in geloof weeklaag, met die wete dat ons God ons nooit sal los of verlaat nie, vol vertroue dat Hy getrou en soewerein bly oor alles.

Scripture

Day 2Day 4

About this Plan

Vertrou God Te Midde Van Swaarkry

Voel dit vir jou asof die wêreld oral om jou ineengestort het? Voel dit vir jou asof jy deur die een storm op die ander getref word? Het jy begin wonder waar God te midde van al jou hartseer is? Vriendin, jy is nie alleen in jou swaarkry nie.

More