kykNET Lydenstyd Gids 2023Sample
![kykNET Lydenstyd Gids 2023](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F30026%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Voorbereidingsweek: Die Woord
Genoeg.
Hierdie paar woorde is genoeg.
Indien nie hierdie woorde nie, dan hierdie asem.
Indien nie hierdie asem nie, dan hier waar ek sit.
Hierdie opening vir die lewe
Wat ons van die hand gewys het
Weer en weer
Tot nou toe.
"Enough" deur David Whyte
(Vrye vertaling)
"Totdat ek kom, moet jy jou daarop toelê om uit die Skrif voor te lees …" 1 Timoteus 4:13 AFR83
"Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie, maar wat in die Woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. Hy is soos 'n boom wat by waterstrome geplant is, wat op die regte tyd vrugte dra en waarvan die blare nie verdroog nie. Hy is voorspoedig in alles wat hy aanpak" Psalm 1:1-3 AFR83.
Daar is iets besonders omtrent die Bybel. Die Bybel word die heilige Skrif genoem. Heilig beteken afgesonder. Dis anders as al die ander boeke waarmee jy te doen sal kry. Deur die eeue is die Bybel die bron om gelowiges te voed, te stimuleer, in stand te hou, te lei, en te laat groei.
Tydens hierdie reis word jy genooi om elke week met dankbaarheid te leef en ‘n verhaal uit die Skrif te beleef. Wat belangrik is, is om nie net met jou logiese, rasionele denke met daardie woord om te gaan nie. Ons lees die Skrif herhaalde kere. Deur so te lees begin jy dit bepeins. Jy dink daaroor na. Jy gaan na jou innerlike funksies — jou intuïsie — ‘n manier van lees tydens die vroeë kerk wat die Skrif van die kop na die hart neem.
Doen dit:
Lees vandag se Skrifgedeelte.
Wat voel jy? Wat gebeur in jou as jy die Skrif lees? Waarna nooi God jou deur hierdie woorde?
Gebed om te herhaal:
Here, gee my die genade om u Woord te ontvang.
Scripture
About this Plan
![kykNET Lydenstyd Gids 2023](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F30026%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Jy word genooi om die saligsprekinge van Jesus in jou lewe in te werk. Die Lydenstyd is dus ‘n tydperk om jou te vereenselwig met Jesus se lewe in lyding. Die saligsprekinge nooi ons om, saam met Jesus, op ‘n nuwe manier te lewe in ‘n wêreld van angs, vrees, onsekerheid en lyding. Dit is die pad wat min kies, maar Jesus het. Ons volg Hom deur lyding, na saligheid.
More
Related Plans
![For the Least of These](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54952%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
For the Least of These
![The Bible for Young Explorers: Exodus](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55167%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Bible for Young Explorers: Exodus
![Childrearing With the End in View: A 3-Day Parenting Plan](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55210%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Childrearing With the End in View: A 3-Day Parenting Plan
![Acts 9:32-43 | You Will Do Greater Things Than These](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55220%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Acts 9:32-43 | You Will Do Greater Things Than These
![Know Jesus, Make Him Known](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55445%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Know Jesus, Make Him Known
![The Complete Devotional With Josh Norman](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F54735%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
The Complete Devotional With Josh Norman
![Fear Not: God's Promise of Victory for Women Leaders](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55254%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Fear Not: God's Promise of Victory for Women Leaders
![Daily Bible Reading— February 2025, God’s Strengthening Word: Sharing God's Love](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55144%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Daily Bible Reading— February 2025, God’s Strengthening Word: Sharing God's Love
![Living for Christ at Home: An Encouragement for Teens](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55404%2F320x180.jpg&w=640&q=75)
Living for Christ at Home: An Encouragement for Teens
![Pursuing Growth as Couples: A 3-Day Marriage Plan](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F55217%2F320x180.jpg&w=640&q=75)