YouVersion Logo
Search Icon

kykNET Lydenstyd Gids 2023Sample

kykNET Lydenstyd Gids 2023

DAY 12 OF 39

Week 2: Vrede

Dag 1: ‘n Vrede nie soos die wêreld gee nie

Gaan uit, doen dit
Maak die deur toe, moenie dit toeklap nie
Laat my 'n rukkie alleen wees
Om my senuwees 'n ruskans te gee.
Wat jy ook al doen, ek is lief vir jou
Maak nie saak wat jy doen nie, ek is lief vir jou
Ek wil agter jou aanhardloop
Maar ek weet egter nie wat die beste is nie
Jy sal mooi vir my sorg
Ek sal jou oppasser wees
Jy sal die maker van vrede wees
Ek sal die vredemaker wees
Jy sal mooi vir my sorg
Ek sal jou oppasser wees
Jy sal die maker van vrede wees
Ek sal die vredemaker wees
Ure later
Ek hoor die sleutel in die voordeur
Ons kyk mekaar in die oë
'n Skugter, jammerlike paartjie
Daar is weinig meer gesprekke
Net 'n bietjie meer gesels
'n Geveg is verloor, 'n oorlog is gewen
Ek dink die lug is nou gesuiwer
Jy sal mooi vir my sorg
Ek sal jou vredemaker wees
Jy sal 'n maker van vrede wees
Ek sal jou oppasser wees
Jy sal mooi vir my sorg
En ek sal jou oppasser wees
Jy sal die maker van vrede wees
Ek sal die vredemaker wees
Lirieke van die lied "Peacemaker" deur Albert Hammond
(Vrye vertaling)

"Ek het hierdie dinge vir julle gesê terwyl Ek nog by julle was. Later, wanneer Ek weggegaan het, sal die Vader vir julle 'n Helper stuur om by julle te wees omdat Ek nie meer by julle is nie. Die Helper is die Heilige Gees. Hy sal vir julle alles leer. Ja, Hy sal julle laat onthou wat Ek vir julle gesê het. Nou gaan Ek weg en Ek laat vrede by julle bly. Ja, Ek gee my vrede vir julle. Maar Ek gee nie vrede soos die mense van die wêreld vrede gee nie. Julle moenie bang en ontsteld wees nie. Julle het gehoor dat Ek vir julle sê Ek gaan weg, en Ek kom weer terug na julle toe. As julle lief is vir My, dan sal julle bly wees dat Ek teruggaan na die Vader, want Hy is belangriker as Ek" Johannes 14:25-28 ABA.

Wat is vrede? Die woordeboek sê: “toestand van kalmte en rus”. Dit sou beteken dat jou uiterlike omstandighede gunstig is: niks wat jou ontwrig nie, niks wat jou pla of ontstel nie. Jou wêreld is agtermekaar. Dit sou ook veronderstel dat emosies van harmonie, kalmte en rustigheid ervaar word.

As jy volgens hierdie definisie werk, het Jesus nie vrede gehad nie. Sy uiterlike omstandighede en sy emosies was dikwels onstuimig.

  • Polities: Die land is deur die Romeine oorgeneem. Die dissipels het die verwagting gehad dat Hy ontslae sou raak van die Romeinse heerskappy en politieke vrede bring.
  • Ekonomies: Hy het nie sy eie huis gehad nie. Ons lees dat Hy dikwels nie ʼn plek gehad het om te slaap nie.
  • Beroep: Die rabbi’s van sy tyd het Hom verwerp. Inteendeel, aan die einde van sy lewe het hulle almal teen Hom gedraai. Die Fariseërs en die skrifgeleerdes het Hom gesien as ʼn rebel en nie iemand wat binne die stelsel pas nie.
  • Familie: Sy pa is oorlede aan die begin van sy bediening. Sy broers glo nie in Hom nie. Sy ma het by Hom gestaan. Ons lees dat sy broers, Jakobus en Judas, eers na sy opstanding in Hom begin glo het.
  • Vriende/dissipels: Dit het nie altyd maklik nie. Met sy tesourier, Judas, is daar groot probleme en hy is uiteindelik verantwoordelik dat Jesus verraai word. Aan die einde verlaat al sy dissipels Hom.
  • Innerlik: Jesus is bekend as die Man van Smarte. Hy het baie pyn beleef en ervaar. Op ʼn stadium raak Hy kwaad. Hy huil. Ons lees aan die einde van sy lewe, in die Tuin van Getsemane, dat Hy diep ontsteld is en vir sy dissipels vra: “Bid asseblief saam met My.”

Jesus praat duidelik van ‘n ander soort vrede in die Skrif. Hy sê direk in Lukas 12:51, dat Hy nie gekom het om die vrede van hierdie wêreld te gee nie. Nie die soort vrede waarna ons soek nie. Nie die soort vrede waar daar net volkome harmonie en gunstige omstandighede sal wees nie.

Die vrede wat Jesus bring, is ‘n vrede wat ten spyte van jou omstandighede, ten spyte van jou emosies, in jou sal heers:

  • Nou gaan Ek weg en Ek laat vrede by julle bly. Ja, Ek gee my vrede vir julle. Maar Ek gee nie vrede soos die mense van die wêreld vrede gee nie. Julle moenie bang en ontsteld wees nie” Johannes 14:27 ABA.
  • Ek sê dit alles vir julle sodat julle vrede kan hê omdat julle aan My behoort. Die mense van die wêreld sal julle laat swaarkry, maar julle moenie moedeloos word nie. Ek het die wêreld klaar oorwin” Johannes 16:33 ABA.

Jy word in die saligspreking genooi om te groei:

"Mense wat vrede maak tussen mense, is gelukkige mense. God sal sê hulle is sy kinders"Matteus 5:9 ABA.

Geloofspraktyk vir die week:

Lees daagliks die koerant en kyk of luister na die nuus. Vra God hoe jy saam met Hom ‘n vredemaker kan wees in ons wêreld en omstandighede.

Scripture

Day 11Day 13

About this Plan

kykNET Lydenstyd Gids 2023

Jy word genooi om die saligsprekinge van Jesus in jou lewe in te werk. Die Lydenstyd is dus ‘n tydperk om jou te vereenselwig met Jesus se lewe in lyding. Die saligsprekinge nooi ons om, saam met Jesus, op ‘n nuwe manier te lewe in ‘n wêreld van angs, vrees, onsekerheid en lyding. Dit is die pad wat min kies, maar Jesus het. Ons volg Hom deur lyding, na saligheid.

More