YouVersion Logo
Search Icon

kykNET Lydenstyd Gids 2023Sample

kykNET Lydenstyd Gids 2023

DAY 17 OF 39

Week 2: Vrede

Dag 6: Leer om ‘n vredemaker te wees

"Mense wat vrede maak tussen mense, is gelukkige mense. God sal sê hulle is sy kinders" Matteus 5:9 ABA.

As God se kinders word ons geroep om vredemakers te wees. Wanneer ek die woord “vrede” hoor, dink ek gewoonlik aan oorloë wat moet end kry. Dis beslis ’n deel van die prentjie. Oorlog is verskriklik en moet ten alle koste vermy word. Die vroeë Christene het so sterk hieroor gevoel dat die meeste van hulle pasifiste was.

Vrede beteken egter meer as die afwesigheid van oorlog of stryd. Dit gaan ook oor wat in ons gemeenskap, gemeente, vriendekring, werksomstandighede en selfs in ons gesin gebeur. Want waar mense bymekaar is, skuur hulle teen mekaar. Hulle verstaan mekaar verkeerd – en voor hulle hul oë uitvee, is daar spanning, vyandigheid en verdeling.

Ek begin dus saam met Hom leer om ‘n vredemaker te wees. In my huis, my verhoudinge, my werk. Ek leer hoe Jesus dit doen — dit kan 'n jaar of twee duur. Dit is 'n lewenslange reis van dissipelskap. Dit is wat dit beteken om 'n volgeling van Jesus te wees: praktiese gehoorsaamheid aan Jesus in my alledaagse lewe.

Doen dit:

Dink na oor die verhoudinge in jou lewe. Waar word jy genooi om nou ‘n vredemaker te wees?

Gebed om te herhaal:

Here, ek vra die genade om U vrede, wat alle verstand te bowe gaan, te ervaar.

Scripture

Day 16Day 18

About this Plan

kykNET Lydenstyd Gids 2023

Jy word genooi om die saligsprekinge van Jesus in jou lewe in te werk. Die Lydenstyd is dus ‘n tydperk om jou te vereenselwig met Jesus se lewe in lyding. Die saligsprekinge nooi ons om, saam met Jesus, op ‘n nuwe manier te lewe in ‘n wêreld van angs, vrees, onsekerheid en lyding. Dit is die pad wat min kies, maar Jesus het. Ons volg Hom deur lyding, na saligheid.

More