YouVersion Logo
Search Icon

kykNET Lydenstyd Gids 2023Sample

kykNET Lydenstyd Gids 2023

DAY 21 OF 39

Week 3: Treur

Dag 3: Te bang om te voel

"Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word" Matteus 5:4.

As predikant moes ek al baie keer slegte nuus aan mense oordra. Dikwels was ek huiwerig. Ek was bang dat die slegte nuus iemand groot skade kon aanrig. Is dit nie so dat ons altyd ten minste tot ‘n mate bang is dat slegte nuus en die pyn wat daarop volg groot skade kan aanrig nie? Ek het al met baie groot, sterk mans te doen gekry wat bang is om hulle emosies te ondersoek. Hulle kan fisieke pyn verduur, maar is bang vir emosionele pyn. Van hulle is te bang om lief te hê, want die risiko om van myself in ‘n verhouding te gee en dan net teleurgesteld te word en pyn te ervaar, is te groot.

Dit gebeur dikwels dat mense hulle nie heeltemal tot ‘n verhouding wil verbind nie, maar hulself ‘n bietjie buite die verhouding hou. Dit is asof hulle in ‘n nuwe huis intrek, maar slegs hul tas wil uitpak en nie regtig daar wil bly nie. Dit is asof baie ‘n verhouding wil aanpak met die verwagting dat hierdie lewe saam net plesier gaan verskaf. En die oomblik wat daar pyn, konflik en onsekerheid kom in plaas van plesier, voel baie dat die verhouding nie uitwerk nie en nie die moeite werd is nie.

Ons kan die versekering hê dat ons nie alleen deur die verlies en pyn gaan nie. Hy is daar met ons en vertroos en versterk ons. Hy vat ons deur dit na ‘n beter lewe.

Doen dit:

Die uitnodiging vandag is om stil te staan by die innerlike gewaarwordings wanneer jy pyn ten volle ervaar asook genot ervaar. Vra Hom om dit vir jou te wys en jou daarmee te help.

Gebed om te herhaal:

Here, ek vra die genade van trane, om te treur oor my verliese.

Scripture

Day 20Day 22

About this Plan

kykNET Lydenstyd Gids 2023

Jy word genooi om die saligsprekinge van Jesus in jou lewe in te werk. Die Lydenstyd is dus ‘n tydperk om jou te vereenselwig met Jesus se lewe in lyding. Die saligsprekinge nooi ons om, saam met Jesus, op ‘n nuwe manier te lewe in ‘n wêreld van angs, vrees, onsekerheid en lyding. Dit is die pad wat min kies, maar Jesus het. Ons volg Hom deur lyding, na saligheid.

More