YouVersion Logo
Search Icon

kykNET Lydenstyd Gids 2023Sample

kykNET Lydenstyd Gids 2023

DAY 24 OF 39

Week 3: Treur

Dag 6: Treur met hoop

"Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word" Matteus 5:4.

Paulus sê dat ons nie sonder hoop moet treur nie (1 Tessalonisense 4:13). Daar is maniere van treur wat nie baie waarde het nie, en nie noodwendig genesing bevorder nie. Wanneer dit ‘n vorm van aandag trek of selfbejammering is, is dit gewoonlik nie waardevol nie. Een van hierdie maniere wat nie waardevol is nie, is om sonder hoop te treur.

Wanneer jy ‘n verlies ly en jou lewe van voorkeur verloor, is dit baie belangrik om stewig aan hoop vas te hou. Dit is belangrik om te weet dat dit nie die einde is nie. Dit beteken nie dat jy nooit weer ‘n goeie lewe sal hê nie. Dit is eintlik net ‘n manier waarop God met jou werk om jou na iets nuuts te neem.

In Openbaring skryf Johannes dat die slegte tye waarin ons nou verkeer nie die einde is nie, en hy wys ons wat uiteindelik gaan gebeur. Hy sê met ander woorde: "Kom ek vertel julle wat in die laaste hoofstuk van die geskiedenis gaan gebeur. Ons leef nie nou in die laaste hoofstuk nie. Nou is dit donker, maar weet dit, alles gaan uiteindelik regkom."

In die woorde van Juliana van Norwich: ”Alles sal goed uitwerk, dit sal wel wees met alle dinge, alles sal ten goede uitwerk.”

Ons gaan die verlies tegemoet in die wete dat daar ‘n God is. Hy is goed. Hy is met ons en gee ons krag. Ek leef in die wete dat daar ná die dood ‘n opstanding is. Net soos Hy uiteindelik oorgelewer is en sy vryheid, gesondheid, reputasie en lewe verloor het, en dit nie sy einde beteken het nie. Dit is ook die manier waarvolgens Hy met ons werk. Ons kan ook weet dat die nuwe lewe beter sal wees as die ou lewe wat ons gehad het. Dit kom nie altyd so voor nie, maar mettertyd sal ons dit sien.

Doen dit:

Deel jou mismoedigheid oor jou verlies met Hom en vra Hom vir vertroue in die manier waarop Hy in jou werk.

Gebed om te herhaal:

Here, ek vra die genade van trane, om oor my verliese te treur.

Scripture

Day 23Day 25

About this Plan

kykNET Lydenstyd Gids 2023

Jy word genooi om die saligsprekinge van Jesus in jou lewe in te werk. Die Lydenstyd is dus ‘n tydperk om jou te vereenselwig met Jesus se lewe in lyding. Die saligsprekinge nooi ons om, saam met Jesus, op ‘n nuwe manier te lewe in ‘n wêreld van angs, vrees, onsekerheid en lyding. Dit is die pad wat min kies, maar Jesus het. Ons volg Hom deur lyding, na saligheid.

More