YouVersion Logo
Search Icon

kykNET Lydenstyd Gids 2023Sample

kykNET Lydenstyd Gids 2023

DAY 29 OF 39

Week 5: Reinheid

Dag 4: Ongeordende gehegthede

Gelukkig is almal wie se lewe van binne af nuut geword het. God sal sorg dat hulle Hom met hul eie oë sien” Matteus 5:8 (DB).

As jy op hierdie reis gaan om jou begeertes te verken, sal jy uitvind dat jy baie begeertes het, maar een of ’n paar begeertes is oorheersend. Jou oorheersende begeertes verander ook van tyd tot tyd.

Volgens die vroeë onderrig in die kerk oor begeertes, is begeertes opsig self nie verkeerd nie, maar wanneer ek te veel waarde heg aan ‘n sekere begeerte, kan dit baie vernietigend op my lewe inwerk. Wanneer ons te geheg is aan ‘n behoefte — soos byvoorbeeld aan kos of seks of genot — kan dit ons hele lewe van stryk af bring. Die behoefte word ‘n begeerte. Ons probeer meer uit die vervulling van die behoefte kry as wat dit ons kan gee.

Die oplossing is nie om ontslae te raak van hierdie begeertes nie, maar om dit te orden en ‘n begeerte te kry wat oorheers. ’n Groter begeerte herrangskik ander begeertes en oorkom selfs sommige begeertes. Om oppervlakkige en vernietigende begeertes te hê wat ons lewe oorheers, lei nie tot vervulling nie, maar tot ‘n lewe wat kleiner word en wat ons weg van God af neem. Wanneer begeertes georden is, word my lewe groter en trek dit my nader aan God.

Doen dit:

Kyk na jou oorheersende begeertes en beoordeel dit. Is daar dalk goeie behoeftes wat God in jou geplaas het wat nou oorheersend en ongeordend geraak het? Deel jou oorheersende begeertes met Hom. Bely dit as behoeftes oorheersende begeertes geword het. Vra Hom om jou na die diepste begeertes in jou hart te lei.

Gebed om te herhaal:

Skep in my ‘n rein hart, o God.

Scripture

Day 28Day 30

About this Plan

kykNET Lydenstyd Gids 2023

Jy word genooi om die saligsprekinge van Jesus in jou lewe in te werk. Die Lydenstyd is dus ‘n tydperk om jou te vereenselwig met Jesus se lewe in lyding. Die saligsprekinge nooi ons om, saam met Jesus, op ‘n nuwe manier te lewe in ‘n wêreld van angs, vrees, onsekerheid en lyding. Dit is die pad wat min kies, maar Jesus het. Ons volg Hom deur lyding, na saligheid.

More