YouVersion Logo
Search Icon

kykNET Lydenstyd Gids 2023Sample

kykNET Lydenstyd Gids 2023

DAY 34 OF 39

Week 5: Reinheid

Dag 2: Vind jou hart

“You’re blessed when you get your inside world—your mind and heart—put right. Then you can see God in the outside world.” Matt 5:8 (MSG)

Jesus nooi ons om op ‘n innerlike reis te gaan. Hy nooi ons om ons hart te vind. Dit beteken dat ons moet weet wat in ons hart is en na ons hart te luister. Hoe vind ons die kern, die middelpunt, die plek waar alles bymekaar kom in ons lewe?

In hierdie week word jy genooi om ‘n pad te neem wat die vroeë kerk geneem het. Daar is seker baie maniere, maar op grond van hulle verstaan van die Skrif en Christus se lering, is begeertes gesien as ’n sleutel tot die deur van jou hart.

Ek is nooit geleer wat om te doen met my begeertes nie. Moet ek daarop let of hoe moet ek begeertes ignoreer? Ek is gewaarsku dat begeertes gevaarlik is, en dat ek versigtig moet wees. Wat wel belangrik is, is die ‘wil van die Here’ - wat gewoonlik die teenoorgestelde is as wat ek wil hê. As ek wil doen wat ek regtig wil hê, is ek selfsugtig. Ek moet teen my begeertes gaan. So daar is ‘n groot klem gelê op wilskrag. En as ek dit nie gedoen het nie, het ek baie sleg gevoel en daar is gespeel op my emosies om sleg te voel sodat ek verplig is om te doen wat reg is.

Hoe dink jy sal dit gaan in ‘n huwelik waar ‘n paartjie bymekaar kom, vir mekaar sê hoe lief hulle vir mekaar is en een van die partye dan verwag dat die ander party alle eie begeertes sal opgee? Van nou af is net die een party se begeertes geldig. Is dit ‘n verhouding? ‘n Liefdesverhouding? Die probleem van so ‘n benadering is dat dit ‘n skeiding meebring in ons innerlike wêreld. Dat dit wat God wil hê, altyd teen dit is wat ek wil hê. Wat ek wil hê is sleg en maak nie eintlik saak nie. Is dit moontlik dat God ons liefhet? Dat Hy intens belangstel wat in ons aan die gang is en dat Hy ons wil gelukkig maak?

Oefening:

Jy word genooi om in kontak te kom met wat jy dink van jou begeertes, hoe gaan jy om met die begeertes? Dink jy na daaroor? Gee jy oor aan dit of veg jy dit? Hy kom na ons toe en vra vir ons wat dit is wat ons wil hê. Verbaliseer dit en deel dit met Hom.

Herhaal-gebed:

Skep in my ‘n rein hart O God.

Scripture

Day 33Day 35

About this Plan

kykNET Lydenstyd Gids 2023

Jy word genooi om die saligsprekinge van Jesus in jou lewe in te werk. Die Lydenstyd is dus ‘n tydperk om jou te vereenselwig met Jesus se lewe in lyding. Die saligsprekinge nooi ons om, saam met Jesus, op ‘n nuwe manier te lewe in ‘n wêreld van angs, vrees, onsekerheid en lyding. Dit is die pad wat min kies, maar Jesus het. Ons volg Hom deur lyding, na saligheid.

More