YouVersion Logo
Search Icon

kykNET Lydenstyd Gids 2023Sample

kykNET Lydenstyd Gids 2023

DAY 38 OF 39

Week 5: Reinheid

Dag 6: Ons kan God sien

“You’re blessed when you get your inside world—your mind and heart—put right. Then you can see God in the outside world.” Matt 5:8 (MSG)

Ek het een keer by ‘n wonderlike natuurtoneel gestaan saam met ‘n klomp vriende. Ons het die toneel saam bewonder. Een van my vriende het gesê sy wil haar esel en verf bring om te skilder. Die ander een het begin droom en aan ontwikkelingsmoontlikhede begin dink. Een van hulle wou die plek koop om te herverkoop. Die ander een het die vee in die weivelde besing en wou ‘n boerdery begin. Ek het gestaan as ‘n predikant en gedink hierdie is ‘n wonderlike illustrasie en ek het gewonder wat ons regtig hier het: is dit ‘n skildery? Is dit ‘n ontwikkelingsterrein? ‘n Spekulasie perseel? Of ‘n preekillustrasie? Dit hang af hoe jy daarna kyk. En ek het agtergekom dat elkeen van ons wat daar was, gekyk het deur die bril van wie ons is. Die een was ‘n kunstenaar, die ander was ‘n ontwikkelaar, die ander ‘n eiendomsagent, die ander ‘n boer en ek ‘n predikant.

Paulus sê dat alles rein is vir die wat rein is (Tit 1:15). Ons sien soos wat óns is. Ons sien gewoonlik nie soos wat dit is nie, daarom sal jy God sien as jy rein van hart is. Jy begin God te vind in alles wat jy sien.

Oefening:

‘n Manier van bid wat ons help om ons brille skoon te maak is die refleksiegebed. Jy word nou genooi om te let op die goeie, mooi en edel dinge in jou lewe en Hom te dank daarvoor.

Herhaal-gebed:

Skep in my ‘n rein hart O God.

Scripture

Day 37Day 39

About this Plan

kykNET Lydenstyd Gids 2023

Jy word genooi om die saligsprekinge van Jesus in jou lewe in te werk. Die Lydenstyd is dus ‘n tydperk om jou te vereenselwig met Jesus se lewe in lyding. Die saligsprekinge nooi ons om, saam met Jesus, op ‘n nuwe manier te lewe in ‘n wêreld van angs, vrees, onsekerheid en lyding. Dit is die pad wat min kies, maar Jesus het. Ons volg Hom deur lyding, na saligheid.

More