kykNET Lydenstyd Gids 2023Sample
Week 5: Reinheid
Dag 5: Rein van hart
“You’re blessed when you get your inside world—your mind and heart—put right. Then you can see God in the outside world.” Matt 5:8 (MSG)
“You have made us for yourself, O Lord, and our heart is restless until it rests in You.” - St. Augustine
Daar is twee oortuigings waarmee die vroeë kerk geleef het oor begeertes. Die eerste oortuiging is dat God ‘n diep begeerte in ons geplaas het na Hom. Die ander oortuiging was dat hierdie begeerte begrawe is en dat ons dit dikwels nie herken nie. Wanneer ons by hierdie begeerte uitkom, kan dit ander begeertes orden.
Hierin het ons ‘n aandeel - in die vind en herkenning van die begeerte. Dit is waarop die reiniging van die hart neerkom. Kierkegaard het gesê: ”To be pure of heart is to will only one thing.” Wanneer ek kontak maak met my diep begeerte na God en met ‘n intensie begin leef om Hom bo alles te stel, suiwer daardie intensie my hart. Dit is nie iets wat ek net op my eie kan regkry nie. Net Hy kan dit doen, maar Hy doen dit nie sonder my nie (Psalm 51:12).Ons doen dit saam met Hom (Jakobus 4:8).
In hierdie week se skrifgedeelte ontmoet Jesus sy dissipels waar hulle is. Hulle weet nie wat hulle regtig wil hê nie, maar hulle sê vir Hom wat hulle dink hulle wil hê. Hy gaan in gesprek met hulle. Uiteindelik vra Hy vir hulle om Hom te volg. Hulle reageer op die uitnodiging. Hulle het in kontak gekom met hulle diepste begeerte en ag dit nou.
Dit is al hoe ons gelukkig kan wees. Salig is die wat rein van hart is. Reinheid is gelyk aan geluk. Dit is ‘n groot ding om te glo in die wêreld waarin ons leef. Dit bepaal jou drome, dit bepaal waarna jy verlang in die lewe, die energie waarmee jy leef word bepaal deur jou drome en dit bepaal jou besluite.
Oefening:
Deel met Hom waar jy nou op jou reis is met Hom.
Herhaal-gebed:
Skep in my ‘n rein hart O God.
Scripture
About this Plan
Jy word genooi om die saligsprekinge van Jesus in jou lewe in te werk. Die Lydenstyd is dus ‘n tydperk om jou te vereenselwig met Jesus se lewe in lyding. Die saligsprekinge nooi ons om, saam met Jesus, op ‘n nuwe manier te lewe in ‘n wêreld van angs, vrees, onsekerheid en lyding. Dit is die pad wat min kies, maar Jesus het. Ons volg Hom deur lyding, na saligheid.
More