YouVersion Logo
Search Icon

kykNET Lydenstyd Gids 2023Sample

kykNET Lydenstyd Gids 2023

DAY 36 OF 39

Week 5: Reinheid

Dag 4: Ongeordende gehegthede

“You’re blessed when you get your inside world—your mind and heart—put right. Then you can see God in the outside world.” Matt 5:8 (MSG)

As jy op hierdie reis gaan om jou begeertes te verken, sal jy uitvind dat jy baie begeertes het, maar een of ’n paar begeertes is dominant. Jou dominante begeertes verander ook van tyd tot tyd.

Volgens die vroeë lering in die kerk oor begeertes, is begeertes in opsig self nie verkeerd nie, maar wanneer ek te veel waarde heg aan ‘n sekere begeerte, kan dit baie destruktief op my lewe wees. Wanneer ons te geheg is aan ‘n behoefte - soos byvoorbeeld aan kos of seks of genot - kan dit veroorsaak dat ons hele lewe daardeur ontspoor. Die behoefte word ‘n begeerte. Ons probeer meer uit die vervulling van die behoefte te kry as wat dit vir ons kan gee.

Die oplossing is nie om ontslae te raak van hierdie begeertes nie, maar om dit te orden en ‘n begeerte te kry wat oorheers. ‘n Groter begeerte orden ander begeertes en oorwin sekere begeertes. Om oppervlakkige en destruktiewe begeertes te hê wat ons lewe oorheers, lei nie tot vervulling nie, maar tot ‘n lewe wat kleiner word en wat ons weg van God af neem. Wanneer begeertes georden is, word my lewe groter en trek dit my na God toe.

Oefening:

Kyk na jou dominante begeertes en beoordeel dit. Is daar dalk goeie behoeftes wat God in jou geplaas het wat nou oorheers en ongeordend geraak het? Deel jou dominante begeertes met Hom. Bely dit as behoeftes dominante begeertes geword het. Vra Hom om jou te lei na die diepste begeerte in jou hart.

Herhaal-gebed:

Skep in my ‘n rein hart O God.

Scripture

Day 35Day 37

About this Plan

kykNET Lydenstyd Gids 2023

Jy word genooi om die saligsprekinge van Jesus in jou lewe in te werk. Die Lydenstyd is dus ‘n tydperk om jou te vereenselwig met Jesus se lewe in lyding. Die saligsprekinge nooi ons om, saam met Jesus, op ‘n nuwe manier te lewe in ‘n wêreld van angs, vrees, onsekerheid en lyding. Dit is die pad wat min kies, maar Jesus het. Ons volg Hom deur lyding, na saligheid.

More