kykNET Lydenstyd Gids 2023Sample
![kykNET Lydenstyd Gids 2023](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F30026%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Week 5: Reinheid
Dag 3: Wat wil jy regtig hê?
“You’re blessed when you get your inside world—your mind and heart—put right. Then you can see God in the outside world.” Matt 5:8 (MSG)
Christus nooi ons uit om op ‘n innerlike reis te gaan, deur na ons harte te luister en uit te vind waarna ons regtig soek. Dink daaroor en sê (verbaliseer) dit. Wanneer jy op hierdie reis gaan, gaan jy dadelik uitvind dit is nie baie maklik om te bepaal wat jou begeertes regtig is nie.
In die eerste plek is daar baie begeertes waarmee jy sit. Daar is fisiese, emosionele en geestlike begeertes. En dan is hierdie begeertes baie keer teenoor mekaar. Ek wil eerlik wees, maar ek wil baie populêr wees. Ek wil niemand seer maak nie, maar ek wil die waarheid praat. Ek wil gesond wees, maar ek wil nie oefen en reg eet nie.
Jy gaan ook uitvind dat jou begeertes groter begeertes vervat. Dit wat ek dink ek wil hê is nie regtig wat ek wil hê nie. Daar is ‘n groter begeerte agter die begeerte wat ek het. Ek wil byvoorbeeld ‘n huis hê, maar wat ek eintlik na soek is sekuriteit of gemak.
Die dissipels het nie altyd geweet wat hulle regtig wil hê nie. Hulle het Jesus gevra om vir hulle te wys waar Hy bly. Later het hulle besef hulle gee nie om oor sy blyplek nie, hulle eintlike soeke is na Hom.
Oefening:
Hier is ‘n paar oefeninge wat dalk kan help om in kontak te kom met diep begeertes in jou.
-Jou dagdrome kan vir jou ‘n aanduiding gee.
-Die mense wat jy bewonder kan vir jou ‘n aanduiding gee.
-‘n Refleksie op die hoogtepunte en laagtepunte van jou dag kan jou ‘n aanduiding gee.
Kies ‘n oefening en deel jou ervaring met Hom.
Herhaal-gebed:
Skep in my ‘n rein hart O God.
Scripture
About this Plan
![kykNET Lydenstyd Gids 2023](/_next/image?url=https%3A%2F%2Fimageproxy.youversionapi.com%2Fhttps%3A%2F%2Fs3.amazonaws.com%2Fyvplans%2F30026%2F1280x720.jpg&w=3840&q=75)
Jy word genooi om die saligsprekinge van Jesus in jou lewe in te werk. Die Lydenstyd is dus ‘n tydperk om jou te vereenselwig met Jesus se lewe in lyding. Die saligsprekinge nooi ons om, saam met Jesus, op ‘n nuwe manier te lewe in ‘n wêreld van angs, vrees, onsekerheid en lyding. Dit is die pad wat min kies, maar Jesus het. Ons volg Hom deur lyding, na saligheid.
More