kykNET Lydenstyd Gids 2023Sample
Week 5: Reinheid
Dag 6: Ons kan God sien
“Gelukkig is almal wie se lewe van binne af nuut geword het. God sal sorg dat hulle Hom met hul eie oë sien” Matteus 5:8 (DB).
Ek het een keer saam met ‘n klomp vriende by ‘n wonderlike natuurtoneel gestaan. Ons het die toneel bewonder. Een van my vriende het gesê sy wil haar esel en verf bring om dit te skilder. Die ander een het begin droom en aan ontwikkelingsmoontlikhede begin dink. Een van hulle wou die plek koop om te herverkoop. Die ander een het die beeste in die weivelde bewonder en wou ‘n boerdery begin. Ek het as ‘n predikant daar gestaan en dink dat wat ek hoor ‘n wonderlike illustrasie is en ek het gewonder wat ons regtig hier het: is dit ‘n skildery? Is dit ‘n ontwikkelingsgeleentheid? ‘n Eiendom om te verkoop? Of ‘n preek illustrasie? Dit hang af hoe jy daarna kyk. Ek het agtergekom dat elkeen van ons wat daar was, deur die bril van wie ons is, daarna gekyk het. Die een was ‘n kunstenaar, die ander was ‘n ontwikkelaar, die ander ‘n eiendomsagent, die ander ‘n boer en ek ‘n predikant.
Paulus sê dat alles rein is vir dié wat rein is (Titus 1:15). Ons sien soos wie óns is. Ons sien gewoonlik nie soos wat dit is nie, daarom sal jy God eers sien wanneer jy rein van hart is. Dan begin jy om God te vind in alles wat jy sien.
Doen dit:
‘n Manier van bid wat ons help om ons bril lense skoon te maak is die nadenkende gebed. Jy word nou genooi om te let op die goeie, mooi en edel dinge in jou lewe en Hom daarvoor te dank.
Gebed om te herhaal:
Skep in my ‘n rein hart, o God.
Scripture
About this Plan
Jy word genooi om die saligsprekinge van Jesus in jou lewe in te werk. Die Lydenstyd is dus ‘n tydperk om jou te vereenselwig met Jesus se lewe in lyding. Die saligsprekinge nooi ons om, saam met Jesus, op ‘n nuwe manier te lewe in ‘n wêreld van angs, vrees, onsekerheid en lyding. Dit is die pad wat min kies, maar Jesus het. Ons volg Hom deur lyding, na saligheid.
More