YouVersion Logo
Search Icon

kykNET Lydenstyd Gids 2023Sample

kykNET Lydenstyd Gids 2023

DAY 30 OF 39

Week 5: Reinheid

Dag 5: Rein van hart

Gelukkig is almal wie se lewe van binne af nuut geword het. God sal sorg dat hulle Hom met hul eie oë sien” Matteus 5:8 (DB).

“U het ons vir Uself gemaak, o Here, en ons harte is rusteloos totdat dit in U rus gevind het.” - St. Augustinus

Daar is twee oortuigings wat die vroeë kerk oor begeertes gehad het. Die eerste oortuiging is dat God ‘n diep begeerte na Hom in ons geplaas het. Die tweede oortuiging is dat hierdie begeerte begrawe is en dat ons dit dikwels nie herken nie. Wanneer ons by hierdie begeerte uitkom, kan dit ander begeertes op die agtergrond skuif.

Ons het 'n aandeel hierin — in die vind en erkenning van die begeerte. Dit is waarop die reiniging van die hart neerkom. Kierkegaard het gesê: ”Om suiwer van hart te wees, is om net een ding te wil hê.” Wanneer ek in kontak kom met my diepste begeerte na God en doelbewus begin leef om Hom bo alles te stel, reinig daardie voorneme my hart. Dit is nie iets wat ek net op my eie kan regkry nie. Net Hy kan dit doen, maar Hy doen dit nie sonder my nie (Psalm 51:12). Ons doen dit saam met Hom (Jakobus 4:8).

In hierdie week se Skrifgedeelte ontmoet Jesus sy dissipels waar hulle is. Hulle weet nie wat hulle regtig wil hê nie, maar hulle sê vir Hom wat hulle dink hulle wil hê. Hy tree in gesprek met hulle. Uiteindelik vra Hy hulle om Hom te volg. Hulle reageer op die uitnodiging. Hulle het in kontak gekom met hulle diepste begeerte en erken dit nou.

Dit is die engste manier hoe ons gelukkig kan wees. Salig is die wat rein van hart is. Reinheid is gelyk aan geluk. Dit is ‘n groot ding om te glo in die wêreld waarin ons leef. Dit bepaal jou drome, dit bepaal waarna jy in die lewe verlang. Die energie waarmee jy leef word bepaal deur jou drome en dit bepaal jou besluite.

Doen dit:

Praat met Hom oor waar jy nou op jou reis saam met Hom is.

Gebed om te herhaal:

Skep in my ‘n rein hart, o God.

Scripture

Day 29Day 31

About this Plan

kykNET Lydenstyd Gids 2023

Jy word genooi om die saligsprekinge van Jesus in jou lewe in te werk. Die Lydenstyd is dus ‘n tydperk om jou te vereenselwig met Jesus se lewe in lyding. Die saligsprekinge nooi ons om, saam met Jesus, op ‘n nuwe manier te lewe in ‘n wêreld van angs, vrees, onsekerheid en lyding. Dit is die pad wat min kies, maar Jesus het. Ons volg Hom deur lyding, na saligheid.

More