YouVersion Logo
Search Icon

kykNET Lydenstyd Gids 2023Sample

kykNET Lydenstyd Gids 2023

DAY 23 OF 39

Week 3: Treur

Dag 5: Treur met dié wat treur

"Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word" Matteus 5:4.

“Huil saam met die wat huil.” – Riz

‘n Hele rukkie gelede het ek besluit om saam met vriende op ‘n wegbreek te gaan. Ons het die tyd saam begin deur na te dink oor wat goed is in ons lewens. Ons het mekaar vertel wat dit is wat ons met lewenslus vul. Ons het ook gekyk na die pyn in ons lewens. Ons het besluit om ‘n simbool vir ons pyn te maak of te vind. ‘n Prent, ‘n gedig, ‘n kunswerk of ‘n beeld. Ons het dit na die groep gebring en met mekaar gedeel. Dit was nie lank nie of die het trane begin vloei. Ons het broos en kwesbaar geraak. Dit was nie maklik nie, maar dit het ons baie na aan mekaar gebring.

Wat ons ook uitgevind het, is dat dit ons regtig gehelp het om ons pyn te verwerk. Vir baie van ons was dit die eerste keer in ons lewe wat ons ons pyn so met mekaar gedeel het. Om net na mekaar te luister in ‘n veilige ruimte waar ons nie voorgesê word wat om te doen of vertel word dat dit nie so erg is nie, was so waardevol. Van ons het uitgevind dat dit nie maklik is om net te luister en saam in mekaar se pyn te wees nie. Ons het deur hierdie ervaring besef dat ons ander regtig baie nodig het, en dat dit van groot waarde kan wees om nie alleen die pyn in ons lewe te verwerk nie.

Doen dit:

Besin oor jou pyn. Met wie kan jy jou pyn deel? Vir wie kan jy daar wees om na te luister en vas te hou?

Gebed om te herhaal:

Here, ek vra die genade van trane, om te treur oor my verliese.

Scripture

Day 22Day 24

About this Plan

kykNET Lydenstyd Gids 2023

Jy word genooi om die saligsprekinge van Jesus in jou lewe in te werk. Die Lydenstyd is dus ‘n tydperk om jou te vereenselwig met Jesus se lewe in lyding. Die saligsprekinge nooi ons om, saam met Jesus, op ‘n nuwe manier te lewe in ‘n wêreld van angs, vrees, onsekerheid en lyding. Dit is die pad wat min kies, maar Jesus het. Ons volg Hom deur lyding, na saligheid.

More