YouVersion Logo
Search Icon

kykNET Lydenstyd Gids 2023Sample

kykNET Lydenstyd Gids 2023

DAY 13 OF 39

Week 2: Vrede

Dag 2: Vrede as primêre behoefte

"Mense wat vrede maak tussen mense, is gelukkige mense. God sal sê hulle is sy kinders" Matteus 5:9 ABA.

Sagaria, die vader van Johannes die Doper, het met die geboorte van Jesus aangekondig dat Hy gaan kom om vir ons die vergifnis van ons sondes te bring wat vir ons die pad na vrede aandui en gee (Lukas 1:78-79). Hy koppel die vergifnis van sondes direk aan vrede, en sê daardeur dat die vrede waarvan hy praat, ‘n vrede tussen ons en God is. Dis die primêre vrede. Vrede tussen jou en God is die groot, absolute, volledige, onvoorwaardelike gawe wat God bring, en vir jou kom gee.

Die probleem is dat ons nie altyd besef dat dit die primêre behoefte van ons harte is nie. Baie van ons dink ons primêre behoefte is kennis, of energie, of inspirasie, of geleenthede. Maar ons primêre behoefte is vrede met God omdat ons van Hom vervreemd is deur ons gebrokenheid. Jesus kom en Hy word 'n brug. Hy bewerkstellig vrede tussen jou en God.

Omdat ons nie altyd daarvan bewus is dat dit ons grootste behoefte is nie, beoefen ons die bewuswording van die vrede van God en hoe ons dit ontvang.

Doen dit:

Dink na oor die behoeftes van jou hart. Praat met God daaroor.

Gebed om te herhaal:

Here, ek vra die genade om U vrede, wat alle verstand te bowe gaan, te ervaar.

Scripture

Day 12Day 14

About this Plan

kykNET Lydenstyd Gids 2023

Jy word genooi om die saligsprekinge van Jesus in jou lewe in te werk. Die Lydenstyd is dus ‘n tydperk om jou te vereenselwig met Jesus se lewe in lyding. Die saligsprekinge nooi ons om, saam met Jesus, op ‘n nuwe manier te lewe in ‘n wêreld van angs, vrees, onsekerheid en lyding. Dit is die pad wat min kies, maar Jesus het. Ons volg Hom deur lyding, na saligheid.

More