YouVersion Logo
Search Icon

kykNET Lydenstyd Gids 2023Sample

kykNET Lydenstyd Gids 2023

DAY 15 OF 39

Week 2: Vrede

Dag 4: Vrede as Eensgesindheid

"Mense wat vrede maak tussen mense, is gelukkige mense. God sal sê hulle is sy kinders" Matteus 5:9 ABA.

Ons is brose wesens. Ons soeke na veiligheid en sekuriteit veroorsaak dikwels dat ons met tweeledige denke die wêreld ingaan. Ons eerste instink is om die wêreld te verdeel volgens mense wat soos ons is, wat hou waarvan ons hou, en glo wat ons glo. Ons soek sekuriteit en probeer dit vind deur met bepaalde groepe te identifiseer. My familie. My land. My ras. My godsdiens. My kultuur.

Jesus het na mense uitgereik wat nie normaalweg in sy kringe behoort het nie. Hy het mense wat as buitestaanders behandel is genader. Hy veroorsaak omstredenheid deur te assosieer met tollenaars en “sondaars”. Hy het kinders verwelkom. Hy het mense wat as “onrein” beskou is, aangeraak. Hy het vroue met respek en gelykheid behandel in 'n kultuur waar vroue minderwaardig was. En toe sy dissipels gestry het oor wie van hulle die grootste is, het hy gesê: "Daarom moet julle in vrede met mekaar lewe" (Markus 9:50 ABA).

Wat as ons 'n manier kan vind om verby hierdie skeidings te leef? Stel jou 'n wêreld voor waar ons, in plaas daarvan om kant te kies, ooreenkomste soek? Hoe kan groter vrede in jou naaste verhoudings lyk? Is dit iets wat jy begeer?

Doen dit:

Die eerste tree na ‘n lewe as vredemaker, is om by jou naaste verhoudings te begin. Hoe weet ek of ek vrede moet maak? Een bekende teken is wanneer 'n spesifieke persoon by 'n vertrek instap of hul naam word genoem, en ek dadelik 'n knop op my maag voel of my keel trek toe. Sommige mense voel dit in hul maag, kop of bors. Ons liggame waarsku ons oor spanning in verhoudinge. As ons hierdie seine ignoreer, kan dit tot verdere konflik lei. Wanneer jy spanning in 'n verhouding ervaar, vra jouself: "Het ek iets gedoen om die persoon aanstoot te gee? Het hierdie persoon op ‘n manier opgetree wat my te na gekom het?” Praat met God hieroor.

Gebed om te herhaal:

Here, ek vra die genade om U vrede, wat alle verstand te bowe gaan, te ervaar.

Scripture

Day 14Day 16

About this Plan

kykNET Lydenstyd Gids 2023

Jy word genooi om die saligsprekinge van Jesus in jou lewe in te werk. Die Lydenstyd is dus ‘n tydperk om jou te vereenselwig met Jesus se lewe in lyding. Die saligsprekinge nooi ons om, saam met Jesus, op ‘n nuwe manier te lewe in ‘n wêreld van angs, vrees, onsekerheid en lyding. Dit is die pad wat min kies, maar Jesus het. Ons volg Hom deur lyding, na saligheid.

More