kykNET Lydenstyd Gids 2023Sample

Week 2: Vrede
Dag 3: Vrede As Welstand
"Mense wat vrede maak tussen mense, is gelukkige mense. God sal sê hulle is sy kinders" Matteus 5:9 ABA.
Jesus is 'n vredemaker. Sy vrede beteken nie net die afwesigheid van oorlog nie. Dit is nie bloot harmonie of rustigheid nie. In die woorde van Henri Nouwen: “Sy vrede is die volheid van welstand.” Jesus sê: "My eie vrede gee Ek vir julle, 'n vrede wat die wêreld nie kan gee nie, dit is my gawe aan julle." (Johannes 14:27 parafrase).
Die Hebreeuse woord vir vrede is Shalom, wat welstand van gees, hart en liggaam beteken. Dit geld vir individue en die gemeenskap. Dit kan te midde van ’n oorloggeteisterde wêreld bestaan, selfs te midde van onopgeloste probleme en toenemende menslike konflikte. Jesus het daardie vrede gebring deur sy lewe vir ons te gee. Is ons bereid om ons lewens in diens van vrede te gee?
Doen dit:
Jy word genooi om vandag jou lewe in diens van vrede te gee deur iemand in nood te help: 'n kind, 'n siek persoon, 'n ou of verswakte persoon. Hulp kan baie vorme aanneem: om 'n glimlag op 'n vreemdeling se gesig te bring; om met 'n gebaar van liefdevolle vriendelikheid te reageer wanneer iemand op ‘n kwetsende manier teenoor jou of iemand anders optree; om 'n anonieme geskenk aan iemand te stuur; óf om hulp aan te bied sonder om vir ‘n dankie of erkenning te vra.
Gebed om te herhaal:
Here, ek vra die genade om U vrede, wat alle verstand te bowe gaan, te ervaar.
Scripture
About this Plan

Jy word genooi om die saligsprekinge van Jesus in jou lewe in te werk. Die Lydenstyd is dus ‘n tydperk om jou te vereenselwig met Jesus se lewe in lyding. Die saligsprekinge nooi ons om, saam met Jesus, op ‘n nuwe manier te lewe in ‘n wêreld van angs, vrees, onsekerheid en lyding. Dit is die pad wat min kies, maar Jesus het. Ons volg Hom deur lyding, na saligheid.
More
Related Plans

Journey Through the Gospel of Matthew

Gideon

Spiritual Warfare

Acts 10:9-33 | When God Has a New Way

Here I Am X Waha

Ready as You Are

OVERFLOW

God in the Midst of Depression

7-Day Devotional: Torn Between Two Worlds – Embracing God’s Gifts Amid Unmet Longings
