YouVersion Logo
Search Icon

Gemaak Vir …Sample

Gemaak Vir …

DAY 9 OF 12

DAG 9:

"Uiteindelik is dit die regte metgesel! sê die mens" Genesis 2:23.

Jy is een konneksie weg van ‘n deurbraak. Een konneksie weg om nie vasgevang te bly nie. Dis iets om oor te bid. Om die Here te vra om mense oor jou pad te bring sodat jou verhoudingskapasiteit ontsluit kan word.

Daardie persoon, daardie verhouding, sit dalk langs jou en jy sien dit nie. Herken wat in die spasie gebeur en gee jouself daarvoor. ‘n Vriend vertel my in die week hoe hy vir so lank na ‘n mentor in sy lewe gesoek het, en toe hy daaroor dink toe herken hy dat hy het reeds ‘n verhouding met iemand in sy lewe het waar mentorskap plaasvind.

Voordat jy die spasie wat jy nodig het kan herken moet jy erken: ek is in pyn, of ek is vasgevang, of ek het ‘n behoefte — eers dan kan jy gee, dien en jou lewe met iemand deel. As jy vandag moet eerlik wees, wat is dit wat jy die nodigste het?

As jy vandag besluit om op hierdie reis te gaan en dieper te gaan, is daar geleenthede om die volgende tree te neem. Dit hang af van waar jy in jou lewe is en wat jy kan aandurf — jou kapasitiet — en wat in jou hart gebeur.

Vir jou is dit dalk ‘n een-tot-een gesprek, of ‘n nuwe fokus in jou gesin, of jou groep waarmee jy weekliks geestelike gesprekke voer. Moontlik is dit ‘n groep waarmee jy die lewe en dalk ‘n passie of bediening deel.

Day 8Day 10