YouVersion Logo
Search Icon

Gemaak Vir …Sample

Gemaak Vir …

DAY 6 OF 12

DAG 6:

Die wese van die lewe is verhoudinge. Dis hoe God ons gemaak het.

In die begin het God die hemel en die aarde geskape, en dit was goed.

God maak die voëls en hulle is goed. God maak die visse en hulle is goed. God maak die lig, die duisternis, en dit is goed.

Skielik maak God 'n mens en daar is iets nie goed daaraan nie. Iets kort. Hy sê dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Dis interessant. Die mens het die paradys. Alles wat jy wil hê is daar. Eenheid met God, die diere, die plante, die skoonheid, lekker kos, die krag, die heerskappy, die plesier — hy het alles gehad. Hy het ‘n ongelooflike gebedslewe en verhouding met God gehad — dis net hulle twee. Maar hy is steeds ongelukkig. Alleen. Hy het 'n menslike verhouding nodig.

In vandag se kultuur en samelewing gaan hierdie teen die grein van wat ons geleer is en hoe ons funksioneer.Ons elkeen kom die lewe in as ‘n baba wat totaal afhanklik is van ander. Ons word versorg, beskerm, gelei, en onderhou deur ander. Sonder hierdie koestering sou ons net vir 'n paar ure of hoogstens 'n paar dae kon oorleef.

Dan word ons geleidelik, oor maande en jare heen, meer en meer onafhanklik — fisiek, verstandelik, emosioneel en finansieel – tot ons uiteindelik vir onsself kan sorg en selfstandig leef. Die droom wat hierdie wêreld aan ons verkoop, is ‘n droom na onafhanklikheid — ek wil my eie ding doen op my eie tyd. Ek wil nie vir iemand werk nie. Ek wil nie aan iemand verslag lewer nie. Ek wil nie van iemand afhanklik wees nie. Hierdie plek is waar baie van ons vasgevang word. Hierdie lewe is leeg. Jy kan byvoorbeeld alles in die wêreld hê — finansieel totaal onafhanklik wees, maar geld kan nie liefde en aanvaarding en verhoudinge koop nie.

Dis nie goed nie — dit gaan teen die grein van hoe God jou gemaak het. Adam het alles gehad en dit was nie genoeg nie.

God se droom vir ons en die ware paradys is inter-afhanklikheid — om in verhouding met ander te wees. Ons kan nie altyd vir onsself gee wat ons nodig het nie en daarom vervul God baie van ons behoeftes deur ander mense oor ons pad te stuur.

Day 5Day 7